TEGNOLOGIE
Irdeto het die afgelope jaar 15 miljoen sekuriteitseenhede gelewer. Hierdie groei het begin verstadig namate sy kliënte by die ekonomiese situasie aanpas.
Die Chinese mark het net ná die Olimpiese Spele verflou. Ooreenkomste met twee direk-na-huis (DTH)-operateurs in die snelgroeiende Indiese betaaltelevisie-mark is egter beklink. Beide sluit in sekuriteitstoegang, filtreerprogramme, en integrasie- en ondersteuningsdienste.
Irdeto BSS het ooreenkomste gesluit om die jongste weergawe van sy produk te ontplooi en is besig om werwe van bestaande kliënte Telenor Group en DirecTV Latin America suksesvol op te gradeer.
Deur Entriq, Cloakware en Irdeto se ander tegnologieë te kombineer, is geleenthede vir die massamark geskep om na digitale dienste te migreer, asook vir operateurs wat ’n kombinasie van uitsaai- en internetinhoud lewer. |