| |
Beeld,
Daily Sun,
City Press,
Die Burger,
DRUM,
FAIRLADY,
FHM,
HUISgenoot/YOU,
KICKOFF,
Move!,
ON THE DOT,
Paarl Print,
All Sports en
Vejá |
|
|
DRUKMEDIA
Brasilië
Die groep hou ’n belang van 30% in Abril, die voorste tydskrifuitgewer in Brasilië.
Abril het ’n goeie jaar beleef met omset- en winsgroei.
Tydens die oorsigjaar het die sirkulasiemarkaandeel tot ongeveer 45% gegroei, met groei van enkelkopieë. Abril se aandeel van die tydskrifadvertensiemark in Brasilië is 61%. In die algemeen is tydskrifte oënskynlik minder blootgestel as koerante aan migrasie na die internet. Abril het
sy verspreidingsonderneming uitgebrei met die verkryging van Fernanda Chinaglia, wat met sy eie Dinape-bedryf saamgesmelt het. Sy drukkery-onderneming het ’n bestendige bydrae gelewer. Abril se skoolhandboekuitgewer, Atica & Scipione, het ’n bevredigende jaar beleef en sy markaandeel van nie-regeringskoolhandboeke van 22% tot 28% verhoog.
China
MIH het nou ’n 37%-belang van Xin’an Media Corporation, ’n koerantuitgewer in die snelgroeiende stad Hefei in die Anhui-provinsie. MIH besit ook 37% van China se toonaangewende sportuitgewer, Titan Media, wat voordeel getrek het uit die Olimpiese Spele.

Beijing Media Corporation Beperk, waarin die groep ’n 9,9%-belang hou en wat ’n toonaangewende Beijingse koerant, Beijing Youth Daily, bedryf, het ’n bevredigende
jaar beleef, ongeag stram markte vir advertensies.
Suid-Afrika
Media24 het moeilike handelstoestande ervaar. Produkte vir ontluikende markte, soos Move!, Drum, Sunday Sun en Son, toon steeds sterk sirkulasiegroei. In die algemeen het die sirkulasie van ons tydskrifte en koerante veerkragtig gebly. Per slot van sake: wanneer mense deur ’n resessie geknyp word, bestee hulle tipies meer tyd tuis en gebruik media meer.
Advertensie-inkomste het egter slegs met enkelsyfers gegroei, terwyl insetkoste soos papier, ink en brandstof meer gestyg het. Bestuur het ingrypende stappe gedoen om die kostebasis te sny, insluitend personeelverminderings en die toemaak van nie-winsgewende titels.

Koerante
Oor die afgelope jaar is ’n aantal veranderings by Media24 Koerante gemaak, waaronder verskeie belangrike redaksionele aanstellings. Nouer samewerking tussen gemeenskapskoerante en dagblaaie is gesoek, en vir ’n verskuiwing in advertensie-kooppatrone is voorsiening gemaak.
Daily Sun is steeds die grootste dagblad op die vasteland, met ’n sirkulasie van meer as 500 000. Sunday Sun se sirkulasie het gegroei tot 214 357. Die poniekoerant Son het tot ’n flinke sirkulasie van
107 899 gegroei. |