• 1
  • 2
 
 
 
 
Soek
 
 

 

Oorsig van werksaamhede

 
 
 

Benewens MultiChoice Suid-Afrika het vier ander betaaltelevisie-lisensieaansoekers in Augustus 2008 betaaltelevisie-lisensies bekom. M-Net se lisensie is omgeskakel kragtens die nuwe elektroniese kommunikasiewet.

MWEB se intekenaarbasis het regdeur die jaar bo sowat 310 000 intekenare gebly, hoewel breëbandgroei aangeteken is soos intekenare na breëband gemigreer het. Nuwe mobiele waardetoevoegingsdienste, derdegenerasie-dienste, e-posdienste en ’n VoIP-diens is bekend gestel.

MWEB het ’n elektroniese kommunikasienetwerk en elektroniese kommunikasienetwerklisensie gekry, wat nou die verskaffing van sy eie infrastruktuur moontlik maak. Ná jaareinde is MWEB se bedrywighede in Afrika suid van die Sahara aan Telkom Internasionaal (Eiendoms) Beperk verkoop.

MultiChoice is ernstig oor sy korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid. Toe dit in 2006/7 bekend gestel is, was MultiChoice se Phuthuma Nathi die grootste bemagtigingstransaksie in die mediasektor. MultiChoice bedryf ook verskeie opheffingsprojekte vir voorheen benadeeldes op gebiede soos voorkeuraankope, gemeenskapsontwikkeling en korporatiewe maatskaplike beleggingsinisiatiewe.

Verdere inligting oor MultiChoice se korporatiewe maatskaplike belegging en volhoubaarheidsinisiatiewe is beskikbaar by die webwerf (www.multichoice.co.za).

 

Afrika suid van die Sahara
Die bruto intekenaarbasis het met 34% gegroei om op 916 000 huishoudings te sluit. Goedkoper boekette wat ’n breër marksegment bedien, het stewig gegroei om op 313 000 bruto intekenare te sluit.

Die toetrede van nuwe mededingers het egter gelei tot dramatiese verhogings in koste, veral vir sleutelsportregte.

MultiChoice se strewe is om groter programinhoud op die vasteland self te skep. AfricaMagic+, ’n “Uit Afrika vir Afrika”-kanaal, is geloods. Daarbenewens het ons plaaslike produksies wat dwarsoor die vasteland aanklank vind en produksies eie aan spesifieke lande. Laasgenoemde sluit in Big Brother Africa III, East and Southern African Idols, Stand Up Zambia, Stand Up Uganda en Comedy Club Live In Lagos. The Patricia Show in Kenia, Moments With Mo in Nigerië en die pan-Afrika-program Studio 53 is ook vir ’n tweede seisoen vervaardig.

Die Engelse DStv–boeket in die meeste Afrika-lande bestaan nou uit gemiddeld 87 kanale (na gelang van die gebied). Byvoegings is BET, Sound City, Channel Islam, Nickelodeon, ’n reeks van vier nuwe BBC-kanale en CNBC Africa.

Regstreekse uitsending van plaaslike sokkerligas in Zambië, Kenia, Angola en Nigerië gebruik plaaslike produksiepersoneel. Daarbenewens is begin werk aan ’n nuwe sportateljee in Nigerië. Die verbetering van plaaslike sokkerligas is ’n fokusarea in die jare vorentoe.

Die dra van gratis TV-kanale op DStv het tot 23 vermeerder. Tanzanian Broadcasting Corporation, Ghana Television, Nation Television Uganda en Citizen TV in Kenia is bygevoeg.

Sewe nuwe kanale is ook by die Portugese boeket gevoeg, wat nou uit 51 kanale bestaan. ’n Nuwe Portugese kanaal, SuperSport Maximo 2, is bekend gestel, asook ’n goedkoper Portugese opsie, Bué Mini.

Die regulatoriese omgewing op die vasteland bly veranderlik. Nuwe uitsaaibeleide, wetsontwerpe en regulasies word oorweeg in Angola, Kenia, Tanzanië, Botswana, Namibië en Swaziland. Daarbenewens word nuwe digitale migrasiebeleide geformuleer.

Verskeie nuwe mededingers wat intekenare per satelliet of kabel bereik, het tot die mark toegetree. Verskeie ander doen tans marknavorsing om in die jaar vorentoe nuwe direk-na-huis-dienste te verskaf.

 
  • 1
  • 2
 
 
Naspers