• 1
  • 2
 
 
 
 
Soek
 
 

 

Oorsig van werksaamhede

 
 
 
 
 
 
  Omset (in rand miljoene)
   
2008  
11 542  
2009  
14 858  
   
   
  Ebitda (in rand miljoene)
   
2008  
4 272  
2009  
5 197  
   
   
  Bedryfswins (voor amortisasie en ander winste/(verliese) in rand miljoene)
   
2008  
3 940  
2009  
4 737  
   
  Oracle Airtime Sales, kykNET, M-Net Action, M-Net Series, M-Net Movies, M-Net Stars, KooWee, AfricaMagic en Channel O  
 
BETAALTELEVISIE
Suid-Afrika
Die betaaltelevisiesektor verskaf bekostigbare vermaak en blyk dus gewild te wees in stram ekonomiese toestande wanneer mense nie duurder vorms van vermaak kan bekostig nie. Die bruto basis het met 453 000 intekenare gegroei om op 31 Maart 2009 op 2,4 miljoen huishoudings te sluit. Die drie goedkoper boekette (die toetreeboeket EasyView, Select, ’n nisboeket, en Compact, ’n middelprysboeket gemik veral op die groeiende ontluikende mark), is sterk bemark. Die Compact-boeket het met 212 000 bruto intekenare gegroei.

’n Nuwe hoë-definisie persoonlike video-opnemer (PVO) is geloods en verdere verbeterings sal in die volgende jaar bekend gestel word. PVO-verkope het die 330 000-kerf bereik. Dié hulpmiddel het gesorg vir ’n ommeswaai in kykgewoontes – intekenare kan programme opneem om later te kyk, regstreekse uitsendings vries, asook na opgeneemde inhoud kyk of vinnig vorentoe rol, alles met die druk van ’n paar knoppies.

Ons DStv-boeket, wat uit 87 kanale bestaan, is die afgelope jaar opgeknap. Nuwe kanale soos ESPN Classic, eNews, CNBC Africa, Nickelodeon, Saffron TV, AfricaMagic+, Setmax en vier nuwe BBC-kanale is bygevoeg. Die regstreekse uitsending van 2008 se Beijing Olimpiese Spele in hoë definisie op ses toegewyde kanale het aandag getrek. Plaaslike produksies in verskeie genres het groeiende kykertalle gelok. Treffers was onder meer die realiteitsprogramme Idols V en Big Brother Africa III, sepies Egoli en Binnelanders, die komedie Coconuts en die aktualiteitsprogram Carte Blanche.

Marges was egter onder druk weens intense mededinging vir sleutelsportregte. SuperSport is nou verreweg die grootste befondser van sport op die Afrika-vasteland. Margedruk is vererger deur verhoogde dekodeerdersubsidies om groei aan te moedig, veral in die ontluikende middelklasmark.

Die klantedienssentrum in Randburg is opgeknap om MultiChoice se dienspeil te verbeter. Verdere verbeterings is in die vooruitsig.

 
  • 1
  • 2
 
 
Naspers