Soek
 
 

 

Kennisgewing van algemene jaarvergadering

 
Kennis word hiermee gegee dat die vyf-en-negentigste algemene jaarvergadering van Naspers Beperk (“die maatskappy” of “Naspers”) op Vrydag, 28 Augustus 2009 om 11:15 op die 18de verdieping van die Naspers-Sentrum, Heerengracht 40, Kaapstad, Suid-Afrika, gehou sal word. Die volgende gewone besluite sal oorweeg word en, indien goedgekeur, met of sonder wysiging aangeneem word:

GEWONE BESLUITE

1. Die finansiële state van die maatskappy en die groep vir die twaalf (12) maande geëindig 31 Maart 2009 en die verslae van die direkteure en die ouditeur sal vir oorweging en aanvaarding voorgelê word.
2. Bekragtiging van dividende met betrekking tot die N- gewone en A-gewone aandele van die maatskappy.
3. Goedkeuring van die vergoeding van nie-uitvoerende direkteure vir die jaar geëindig 31 Maart 2009.
4. Heraanstelling van die firma PricewaterhouseCoopers Ing. as ouditeur (met dien verstande dat Mnr A Wentzel die individuele geregistreerde ouditeur van daardie firma sal wees wat die oudit sal onderneem) vir die tydperk tot ná afl oop van die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy.
5. Goedkeuring van die aanstelling van mnre L P Retief en S J Z Pacak, wat onderskeidelik met ingang van 1 September 2008 en 1 April 2009 as direkteure aangestel is, en wat verkiesbaar is en hulle vir verkiesing as direkteure beskikbaar stel. Hul verkorte curricula vitae verskyn onder direksie van die jaarverslag.
6. Om adv F-A du Plessis, prof R C C Jafta en mnr T M F Phaswana, wat volgens rotasie aftree maar weer verkiesbaar is en hulle vir herverkiesing beskikbaar stel, te verkies. Hul verkorte curricula vitae verskyn onder direksie van die jaarverslag.

Die direkteure beveel eenparig aan dat die aanstelling en herverkiesing van direkteure kragtens besluite 5 en 6 deur die aandeelhouers van die maatskappy goedgekeur word. Die herverkiesing van elke direkteur sal in afsonderlike gewone besluite uitgevoer word.
7. Om die gemagtigde, maar onuitgereikte aandelekapitaal van die maatskappy onder die direkteure se beheer te plaas en, tot ná afl oop van die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy, onvoorwaardelike algemene magtiging aan die direkteure te verleen om na goeddunke (maar onderhewig aan die bepalings van artikel 221 van die Maatskappywet, Nr 61 van 1973, soos gewysig (“die Wet”), en die vereistes van die JSE Beperk (“die JSE”) en enige ander aandelebeurs waarop die aandele van die maatskappy van tyd tot tyd genoteer kan wees) die onuitgereikte aandele van die maatskappy toe te ken en uit te reik aan sodanige persone, ongeag of hulle aandeelhouers is of nie, en volgens sodanige voorwaardes en bepalings soos wat die direkteure na hul goeddunke as gepas beskou.
8. Om onderhewig aan minstens 75% van die stemme van aandeelhouers van die maatskappy wat persoonlik by die algemene jaarvergadering teenwoordig is of deur ’n gevolmagtigde verteenwoordig word en geregtig is om te stem, ten gunste daarvan stem, die direkteure te magtig, en dat hulle hiermee gemagtig is, om onuitgereikte aandele in ’n klas aandele reeds uitgereik in die maatskappy se kapitaal vir kontant uit te reik soos en wanneer die geleentheid hom voordoen, onderhewig aan die vereistes van die JSE, wat die volgende insluit:
 
  • hierdie magtiging is nie langer as die maatskappy se volgende algemene jaarvergadering of langer as vyftien (15) maande na die datum van die vergadering, wat ook al die vroegste is, geldig nie
  • dat ’n betaalde persaankondiging met volledige besonderhede, insluitend die uitwerking op netto batewaarde en verdienste per aandeel, uitgereik word ten tye van enige uitgifte wat op ’n kumulatiewe grondslag binne een jaar 5% of meer van die getal uitgereikte aandele van daardie klas voor die uitgifte verteenwoordig
  • die Totaale uitgifte van enige bepaalde klas aandele in enige finansiële jaar sal nie 5% van die uitgereikte getal aandele in daardie klas aandele oorskry nie (insluitend sekuriteite wat verpligtend omskepbaar is in aandele van daardie klas)
  • dat met die bepaling van die prys waarteen ’n uitgifte van aandele ingevolge hierdie magtiging gedoen word, die diskonto waarteen die aandele uitgereik word nie 10% van die geweegde gemiddelde handelsprys van die betrokke aandele soos bepaal gedurende die dertig (30) sakedae voor die datum waarop die uitreikingsprys bepaal word, sal oorskry nie, en
  • dat die aandele slegs uitgereik word aan “openbare aandeelhouers” soos omskryf in die JSE se noteringsvereistes, en nie aan verwante partye nie.


Die volgende spesiale besluite sal oorweeg word en, indien goedgekeur, met of sonder wysiging aanvaar word:

SPESIALE BESLUIT NOMMER EEN

Dat die maatskappy of enige van sy filiale hiermee deur ’n algemene magtiging gemagtig word, en is, om N- gewone aandele wat deur die maatskappy uitgereik is te verkry, ingevolge en onderhewig aan artikels 85(2), 85(3) en 89 van die Maatskappywet, Nr 61 van 1973, soos gewysig, en die reëls en vereistes van die JSE, naamlik dat:
  • enige sodanige verkryging van N-gewone aandele bewerkstellig word deur die bestelboek van die JSE-verhandelingstelsel en gedoen word sonder enige vooraf verstandhouding of reëling
  • hierdie algemene magtiging geld tot die maatskappy se volgende algemene jaarvergadering, met dien verstande dat dit nie later is nie as vyftien (15) maande vanaf die datum waarop hierdie spesiale besluit geneem is
  • ’n aankondiging met volledige besonderhede van sodanige verkrygings gepubliseer sal word sodra die maatskappy of enige van sy filiale N- gewone aandele verkry het wat op ’n kumulatiewe grondslag 3% van die getal N- gewone uitgereikte aandele voor die verkryging uitmaak waarvolgens die genoemde 3%-drempel bereik is, en vir elke 3% in totaal wat daarna verkry word
  • verkrygings van N-gewone aandele in ’n finansiële jaar in totaal nie 20% van die maatskappy se N- gewone uitgereikte aandelekapitaal, soos op die datum waarop hierdie spesiale besluit aangeneem is, mag oorskry nie
  • met die bepaling van die prys waarteen N- gewone aandele soos uitgereik deur die maatskappy deur hom of enige van sy filiale kragtens hierdie algemene magtiging verkry word, die maksimum premie waarteen sodanige N- gewone aandele verkry kan word, nie 10% sal oorskry nie van die geweegde gemiddelde van die markwaarde waarteen sodanige N- gewone aandele op die JSE verhandel word soos bepaal oor die vyf (5) sakedae onmiddellik voor die datum van terugkoop van sodanige N- gewone aandele deur die maatskappy of enige van sy filiale
  • die maatskappy deur sy statute daartoe gemagtig is
  • die maatskappy op enige tydstip slegs een agent mag aanstel om ’n terugkoop namens die maatskappy te bewerkstellig
  • die maatskappy se borg die toereikendheid van die maatskappy se bedryfskapitaal vir doeleindes van die terugkoop van N- gewone aandele skriftelik aan die JSE moet bevestig voordat die mark betree word met die oog op die terugkoop
  • die maatskappy te alle tye die JSE se noteringsvereistes ten opsigte van minimum aandeelhouers-verspreiding nakom, en
  • die maatskappy en/of sy filiale nie enige N- gewone aandele terugkoop tydens ’n verbode tydperk soos omskryf in die JSE se noteringsvereistes nie, tensy ‘n terugkoopprogram in plek gestel is, waarin datums en die aantal aandele wat tydens die verbode tydperk verhandelbaar is, vasgestel is en volle besonderhede van die program geopenbaar is in ‘n aankondiging oor die Sekuriteitsbeursnuusdiens (SENS) vóór die aanvang van die verbode tydperk.


Voordat die algemene terugkoop bewerkstellig word, sal die direkteure, met inagneming van die uitwerking van die terugkoop van die maksimum getal N- gewone aandele kragtens voorgemelde algemene magtiging, verseker dat vir ’n tydperk van twaalf (12) maande na die datum van die kennisgewing van die algemene jaarvergadering:
  • die maatskappy en die groep in die gewone gang van sake in staat sal wees om hul skuld te betaal
  • die bates van die maatskappy en die groep, billik gewaardeer in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde, die maatskappy en die groep se laste sal oorskry en
  • die maatskappy en die groep se gewone aandelekapitaal, reserwes en bedryfskapitaal vir die doel van gewone sakebedrywighede toereikend sal wees.


Die onderstaande bykomende inligting, waarvan ’n deel elders in die jaarverslag verskyn waarvan hierdie kennisgewing deel vorm, word ingevolge die JSE se noteringsvereistes verskaf vir die doel van die algemene magtiging:

Direkteure se verantwoordelikheidsverklaring

Die direkteure, wie se name in die direksie verskyn, aanvaar gesamentlik en afsonderlik volle verantwoordelikheid vir die juistheid van die inligting rakende hierdie spesiale besluit nommer een en verklaar dat, na hul beste wete en oortuiging, geen feite weggelaat is wat enige verklaring vals of misleidend sou maak nie, en dat alle redelike navrae gedoen is om sulke feite te staaf en dat spesiale besluit nommer een alle tersaaklike inligting bevat.

Wesenlike veranderings

Buiten die feite en ontwikkelings waaroor in die jaarverslag gerapporteer is, was daar geen wesenlike veranderings in die sake of finansiële posisie van die maatskappy en sy filiale sedert die datum van ondertekening van die ouditverslag en tot op die datum van hierdie kennisgewing nie.

Die direkteure het tans geen spesifieke voorneme vir die maatskappy om enige van sy N- gewone aandele terug te koop nie, maar is van mening dat so ’n algemene magtiging gegee behoort te word indien ’n terugkoopgeleentheid wat in die beste belang van die maatskappy en sy aandeelhouers is, hom gedurende die jaar voordoen.

Die rede vir en die uitwerking van spesiale besluit nommer een is om aan die maatskappy ’n algemene magtiging kragtens die Maatskappywet en die JSE se noteringsvereistes te verleen dat die maatskappy, of ’n filiaal van die maatskappy, N- gewone aandele van die maatskappy verkry.

SPESIALE BESLUIT NOMMER TWEE

Dat die maatskappy of enige van sy filiale hiermee deur ’n algemene magtiging gemagtig word, en is, om A- gewone aandele wat deur die maatskappy uitgereik is te verkry, ingevolge en onderhewig aan artikels 85(2), 85(3) en 89 van die Maatskappywet, Nr 61 van 1973, soos gewysig.

Die rede vir en die uitwerking van spesiale besluit nommer twee is om aan die maatskappy ’n algemene magtiging kragtens die Maatskappywet te verleen dat die maatskappy, of ’n filiaal van die maatskappy, A- gewone aandele van die maatskappy verkry.

GEWONE BESLUIT

9. Elke direkteur van die maatskappy word hiermee gemagtig om alle stappe te doen, alle handelinge te verrig en alle dokumente te onderteken wat nodig is om die gewone en spesiale besluite wat by hierdie algemene jaarvergadering aangeneem word, in werking te stel.


ANDER SAKE

Sodanige ander sake word gedoen as wat by ’n algemene jaarvergadering gedoen mag word.

Aandeelhouers wat geregtig is om ’n algemene jaarvergadering by te woon en daarop te stem, mag een of meer gevolmagtigdes benoem om die vergadering in hul plek by te woon, daarop te praat en te stem. ’n Gevolmagtigde hoef nie ’n aandeelhouer van die maatskappy te wees nie.

’n Volmagvorm met die nodige aanwysings vir voltooiing word aangeheg vir die gebruik van lede met aandelesertifikate en “eie-naam”- gedematerialiseerde aandeelhouers wat by die algemene jaarvergadering verteenwoordig wil word. Die voltooiing van ’n volmagvorm verhoed nie die betrokke aandeelhouer om die algemene jaarvergadering by te woon en te stem nie (in die plek van daardie aandeelhouer se gevolmagtigde).

Houers van gedematerialiseerde aandele, “eie-naam”- gedematerialiseerde aandeelhouers uitgesluit, wat by die algemene jaarvergadering wil stem, moet hul Sentrale Sekuriteitebewaarplek-deelnemer (SSBD) of makelaar op sodanige manier en teen sodanige spertyd soos deur die SSBD of makelaar bepaal, dienooreenkomstig in kennis stel.

Houers van gedematerialiseerde aandele, “eie-naam”- gedematerialiseerde aandeelhouers uitgesluit, wat die algemene jaarvergadering persoonlik wil bywoon, moet so gou as moontlik die nodige magtiging deur middel van hul SSBD of makelaar reël.

Die vorm waarvolgens ’n gevolmagtigde benoem word en die magtiging (indien enige) waarkragtens
dit geteken word, moet die geregistreerde kantoor van die maatskappy teen nie later nie as Donderdag, 27 Augustus 2009 om 11:15 bereik. ’n Volmagvorm word by hierdie kennisgewing ingesluit. Die volmagvorm is ook by die geregistreerde kantoor van die maatskappy verkrygbaar.

Op las van die direksie

G Kisbey-Green
Maatskappysekretaris

30 Julie 2009


Kaapstad
 
   
 
Naspers