
MIH besit ook 30% van ACL Wireless, ’n mobiele waardetoevoeger wat in Indië gesetel is. ACL Wireless lewer dienste in sowat 38 lande. Tydens dié jaar
het hulle ’n nuwe mobiele sosiale netwerkdiens, frenzo, bekend gestel.
In Thailand voer Sanook! steeds die botoon as die voorste portaal.
Die groep het die afgelope jaar ’n 25%-
belang in BuzzCity in Singapoer bekom. Dis die voorste mobiele- sosiale netwerkoperateur en is die tweede grootste mobieleadvertensie-netwerk wêreldwyd. BuzzCity het ’n hele aantal toekennings by die Global Mobile Awards in 2008 ontvang, insluitend beste mobiele- sosiale netwerkdiens.

China
Gemeet aan gebruikersgetalle het China die afgelope jaar die grootste internetmark ter wêreld geword. Hoewel dié mark geweldig mededingend is, bied dit langtermyn-groeipotensiaal.
Tencent het sy 10de verjaardag met voortreflike finansiële en bedryfsresultate gevier. Veral aanlynspeletjies het uitstekende groei in ’n hoogs mededingende mark getoon. Die bekendstelling van suksesvolle nuwe speletjies, insluitend Dungeon & Fighter, het ’n groot rol gespeel. QQ Dancer vind byval by vroue, ’n voorheen afgeskeepte sektor.
Die afswaai in die Chinese ekonomie het laekoste- aanlyn-advertensies tydelik gedemp. Laekoste- mobiele en internet-waardetoevoegingsdienste blyk egter meer veerkragtig te wees.
Tencent se platforms het die afgelope jaar goed gegroei. Teen einde Maart 2009 het die kitsboodskapplatform 410 miljoen aktiewe gebruikers gehad, 29% meer as ’n jaar gelede. Gelyktydige aanlyn-spitstydgebruikers tel nou meer as 57 miljoen. Die QQ.com portaal behou sy posisie as die portaal met die meeste bladsybesigtigings in China.
Onder die uitstekende leiding van Ma Huateng, uitvoerende hoof van Tencent, en sy span sal Tencent steeds die nodige belegging in sy platforms en mense aangaan sodat die maatskappy oor die lang termyn saam met die aanlynmark in China kan groei. Tencent is ook aktief betrokke by gemeenskapsprojekte.
Afrika
24.com is steeds die grootste internetuitgewer in Suid-Afrika en bereik maandeliks meer as twee miljoen Suid-Afrikaners deur sy netwerk van webwerwe. News24 is die voorste plaaslike bestemming.
24.com spog met bykans 30% van plaaslike blog-aktiwiteit. Nuwe-generasie internet-toepassings is ontwikkel, met inbegrip van gebruiker-interaksie en inhoud wat deur gebruikers self gegenereer word, in produkte soos Answerit24.com, Spaces en Speakerbox.
Kalahari.net is die grootste Suid-Afrikaanse e-mark. Sy kernprodukkategorieë sluit in boeke, musiek, DVD’s en speletjies.
MXit, a mobile instant-messaging provider,
strengthened its leadership in South Africa,
growing its user base to 9,8 million. The
upgrade of MXit’s core was successfully
implemented during the year.
Latyns-Amerika
MIH het ’n meerderheidsbelang bekom
in Compera nTime, ’n toonaangewende diensverskaffer van mobiele waardetoevoeging in Brasilië. Dié het ’n portefeulje produkte wat SMS, luitone, musiek, video, TV-strome, selfoonspeletjies, selfoonblogs en ’n gebruiker-gegenereerde inhoudsplatform insluit.

|