• 1
  • 2
 
 
 
 
Soek
 
 

 

Oorsig van werksaamhede

 
 
 
 
 
 
  Omset* (in rand miljoene)
   
2008  
3 037  
2009  
7 256  
   
   
  Ebitda* (in rand miljoene)
   
2008  
613  
2009  
1 985  
   
   
  Bedryfswins* (voor amortisasie en ander winste/(verliese) in rand miljoene)
   
2008  
483  
2009  
1 696  
   
* Sluit ons aandeel van Tencent en mail.ru in.
  Ricardo, Molotok, MXit, Sanook!, MWEB, Nimbuzz, ACL Wireless, Compera nTime en BuzzCity  
 

INTERNET

MIH het in die vorige jaar Allegro, Ricardo en Gadu-Gadu aangekoop. Vanjaar het MIH belange
in BuzzCity (’n mobieleadvertensie-netwerk), Compera nTime (voorste verskaffer van mobiele waardetoevoegingsdienste in Brasilië) en Vatera (’n toonaangewende e-handelsplatform in Hongarye) verkry.


MIH het ook sy aandeel in mail.ru, ’n Russiese internetmaatskappy, met 10% verhoog tot 43%. Daarbenewens het Allegro en mail.ru hul belang in die Russies-gebaseerde e-handelsplatform, Molotok, verhoog. Molotok word nou gesamentlik deur MIH en mail.ru besit.

Europa

Ons Europese bates is in die internet- segment van transaksieplatforms, gemeenskappe, kommunikasieplatforms, vermaak en mobiele toepassings bedrywig. Inkomste word hoofsaaklik verkry uit die fasilitering van e-handelstransaksies, geklassifiseerde advertensies, betalingsdienste, prysvergelyking, advertensies, en betaalde waardetoevoegings- en kommunikasiedienste soos VoIP (stem-oor-internet-protokol).

Die Europese portefeulje bestaan uit vyf kernondernemings: mail.ru is gesetel in Moskou (Rusland), Gadu-Gadu in Warskou (Pole), die Allegro-groep in Poznan (Pole), die Ricardo-groep in Zug (Switserland) en Nimbuzz in Rotterdam (Nederland). Hierdie bedrywighede is oor 20 lande versprei, met kantore in 28 stede.

mail.ru het sy sterk groei voortgesit en sy gebruikersbasis uitgebrei tot 78 miljoen unieke besoekers met 58 miljoen aktiewe e-posgebruikers. mail.ru is in Rusland die leier op die gebied van selfoonkitsboodskappe. Sy informele speletjiesplatform het gegroei tot 10 miljoen gebruikers aan die einde van Maart 2009 en sy sosiale netwerkplatform Moi Mir (My Wêreld) bedien 26 miljoen aktiewe gebruikers.

Gadu-Gadu het sy leiersposisie ten opsigte van kitsboodskapdienste uitgebrei en sy geregistreerde gebruikersbasis tot 15 miljoen vergroot. Gadu-Gadu se informele speletjiesportaal het teen die einde van Maart 2009 sowat 500 000 aktiewe gebruikers gehad.

Die Allegro-groep bestaan uit aanlynveilings- en vasteprys-platforms, geklassifiseerde platforms (bv. motor-, eiendoms-, beroeps- en reisadvertensies), prysvergelykingsdienste en sosiale inkopiewerwe, asook ’n betalingsplatform. Verskeie van hierdie dienste word gelewer in Pole, Tsjeggië, Slowakye, Hongarye, Boelgarye, Roemenië, Oekraïne, Letland, Litaue en Estland. Allegro het die afgelope jaar sy bedrywighede in hierdie markte uitgebrei, terwyl sy posisie in Rusland gekonsolideer is, waar hy en mail.ru mede-eienaars van Molotok is. Laasgenoemde is die voorste transaksieplatform in daardie mark. In Hongarye het Allegro die transaksieplatform Teszvesz in geheel verkry, asook Vatera (’n aanlynveilingsplatform). Arjan Bakker, uitvoerende hoof van Allegro, en sy span beplan om in verdere diversifisering binne Allegro te belê.

Ondanks stram ekonomiese toestande in Wes-Europa het die Ricardo-groep sy leiersposisie in Switserland gekonsolideer en nuwe sake in Griekeland en Oostenryk geloods.

Nimbuzz, waarvan MIH nou 38% besit, is ’n Nederlands-gebaseerde tegnologiefirma wat fokus op mobiele kitsboodskappe en stem-oor-internet-protokol (VoIP). Die maatskappy het in Mei 2008 sy produk- en diensreeks amptelik bekend gestel en het reeds ongeveer vyf miljoen gebruikers.

 
  • 1
  • 2
 
 
Naspers