| |
|
|
Finansiële oorsig
|
Hierdie oorsig weerspieël hoogtepunte van die groep se finansiële prestasie oor die afgelope jaar. Volledige besonderhede verskyn
in die finansiële jaarstate wat
op hier van die jaarverslag aangebied word.
OORSIG VAN GROEPRESULTATE
Omset
Totaale omsetgroei van 30% tot R26,7 miljard is oor die verslagtydperk aangeteken. Die dryfvere hiervoor was bestaande bedrywighede, wat met 19% gegroei het, asook nuwe verkrygings, wat 11%
bygevoeg het.
Die internetsegment is versterk deur die insluiting van Allegro en Ricardo (voorheen Tradus). Betaaltelevisie-omset het met
29% gestyg danksy die uitbreiding van
die intekenaarbasis.
Bedryfswins
Bedryfswins voor amortisasie en ander winste/verliese het met 21% tot R5,1 miljard toegeneem (2008: R4,2 miljard). ’n Afname in groepmarges het op groter mededinging
in betaaltelevisie-markte gevolg. Totaale ontwikkelingskoste het R1,2 miljard
(2008: R1,1 miljard) bedra.
Finansieringsinkomste
Die netto rentekoste vir die jaar was
R306 miljoen, in vergelyking met ’n netto inkomste van R503 miljoen die vorige jaar. Die verskil vloei uit die befondsing van nuwe verkrygings. Ander finansieringsinkomste sluit in voorkeurdividend-inkomste van
R377 miljoen (2008: R336 miljoen) en merk-tot-markwaarde verliese van
R375 miljoen, vergeleke met wins van
R166 miljoen in die vorige jaar.
Ekwiteitsverantwoorde resultate
Naspers se deel van die ekwiteitsverantwoorde resultate van sy geassosieerde maatskappye – hoofsaaklik Tencent,
mail.ru en Abril – het tot R1,47 miljard
(2008: R654 miljoen) gegroei. Al drie ondernemings het uitstekend gevaar onder leiding van buitengewone leierspanne.
Die afskrywings van ekwiteitsverantwoorde beleggings hou grotendeels verband met ons onttrekking uit ’n Duitse mobieletelevisie-projek weens ’n ongunstige regulatoriese omgewing.
Beëindiging van bedrywighede
’n Wins van R2,97 miljard uit die beëindiging van bedrywighede hou verband met
die verkoop van betaaltelevisie-ondernemings in Griekeland en Ciprus. Die opbrengs is eenmalig van aard en is teen langtermynskuld aangewend.
Wesensverdienste en kernwesensverdienste
Die netto uitwerking van bogenoemde is dat kernwesensverdienste vir die jaar met 9% tot R4,4 miljard gestyg het. ’n “Berekening van wesens- en kernwesensverdienste” volg in die tabel hiernaas. |
|
| |
Berekening van wesens- en kernwesensverdienste |
|
|
|
| |
|
Jaar
geëindig
31 Maart
2009
R’m |
Jaar
geëindig
31 Maart
2008
R’m |
| Netto wins toeskryfbaar aan aandeelhouers |
|
5 761 |
3 418 |
| Aangesuiwer vir: |
|
|
|
| – waardedaling van klandisiewaarde en ander bates |
|
26 |
48 |
| – verlies/(wins) met verkoop van bates |
|
27 |
(15) |
| – beëindiging van bedrywighede |
|
(2 965) |
82 |
| – wins met vereffening van lening |
|
— |
(87) |
| – (wins)/verlies met verkoop van beleggings |
|
(10) |
512 |
| – waardedaling in ekwiteitsverantwoorde beleggings |
|
214 |
348 |
| |
|
3 053 |
4 306 |
| Totaale belastingeffek van aansuiwerings |
|
5 |
(486) |
| Totaale minderheidsbelang van aansuiwerings |
|
7 |
(14) |
| Wesensverdienste |
|
3 065 |
3 806 |
| Beëindigde bedrywighede |
|
(129) |
(258) |
| Wesensverdienste uit voortgesette bedrywighede |
|
2 936 |
3 548 |
| Wesensverdienste |
|
3 065 |
3 806 |
| Aangesuiwer vir: |
|
|
|
| – (wins)/verlies uit beëindigende bedrywighede |
|
(129) |
48 |
| – skep van uitgesteldebelasting-bates |
|
(58) |
(244) |
| – tesourie-vereffende aandeelskemakoste |
|
258 |
47 |
| – amortisasie van ontasbare bates |
|
958 |
410 |
| – billikewaarde-aansuiwerings en valuta-omrekeningsverskille |
|
279 |
(71) |
| Kernwesensverdienste |
|
4 373 |
3 996 |
|
| |
| Soos gereeld aan aandeelhouers gerapporteer, is die direksie steeds van mening dat kernwesensverdienste ’n toepaslike maatstaf van die groep se volhoubare bedryfsprestasie
is, aangesien dit eenmalige en nie-bedryfsitems uitsluit. |
| |
SEGMENTELE OORSIG
Die segmentele ontleding hieronder is voorberei op ’n ekonomiesebelang-basis en sluit ons proporsionele gedeelte van ons grootste geassosieerde maatskappye in. |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
| |
|
Omset |
|
|
EBITDA |
|
| |
2009
R’m |
2008
R’m |
% ver-
andering |
2009
R’m |
2008
R’m |
% ver-
andering |
| Betaaltelevisie |
14 858 |
11 542 |
29 |
5 197 |
4 272 |
22 |
| Internet* |
7 256 |
3 037 |
+100 |
1 985 |
613 |
+100 |
| Tegnologie |
1 514 |
1 081 |
40 |
(75) |
(126) |
41 |
| Druk** |
10 520 |
9 082 |
16 |
1 363 |
1 357 |
— |
| Korporatiewe dienste |
4 |
— |
— |
(210) |
(40) |
— |
| Ekonomiese belang |
34 152 |
24 742 |
38 |
8 260 |
6 076 |
36 |
Min: geassosieerde-
maatskappye |
(7 462) |
(4 224) |
|
(2 234) |
(1 176) |
|
| Gekonsolideer |
26 690 |
20 518 |
30 |
6 026 |
4 900 |
23 |
| |
|
|
|
|
|
|
| |
Bedryfswins voor
amortisasie- en ander
winste/(verliese) |
Bedryfswins |
| |
2009
R’m |
2008
R’m |
% ver-
andering |
2009
R’m |
2008
R’m |
% ver-
andering |
| Betaaltelevisie |
4 737 |
3 940 |
20 |
4 269 |
3 845 |
11 |
| Internet* |
1 696 |
483 |
+100 |
1 026 |
363 |
+100 |
| Tegnologie |
(132) |
(168) |
21 |
(308) |
(250) |
(23) |
| Druk** |
1 058 |
1 149 |
(8) |
762 |
707 |
8 |
| Korporatiewe dienste |
(213) |
(42) |
— |
(212) |
(43) |
— |
| Ekonomiese belang |
7 146 |
5 362 |
33 |
5 537 |
4 622 |
20 |
Min: geassosieerde-
maatskappye |
(2 030) |
(1 124) |
|
(1 754) |
(744) |
|
| Gekonsolideer |
5 116 |
4 238 |
21 |
3 783 |
3 878 |
(2) |
|
* Sluit ons aandeel van Tencent en mail.ru in.
** Sluit ons aandeel van Abril in. |
| |
| |
|
|