• 1
  • 2
 
 
 
 
Soek
 
 

 

Direksie

  Ton Vosloo is in 1984 as besturende direkteur van Naspers Beperk aangestel en was van 1992 tot 1997 uitvoerende voorsitter. Hy was van 1956 tot 1983 as joernalis werksaam en van 1977 tot 1983 redakteur van Beeld. Hy is ’n direkteur van Media24 en MultiChoice Suid-Afrika Beherend, en voorsitter van MIH B.V., MIH (Mauritius) Beperk en MIH Beherend, en onafhanklike nie-uitvoerende voorsitter van die direksie van Naspers, ’n pos wat hy sedert 1997 beklee. Hy is ’n voormalige voorsitter van Sanlam, M-Net en die WWF (SA) en ook ’n direkteur van die Kaapse Filharmoniese Orkes. In 1970 het Harvard-universiteit die Nieman Fellowship aan Ton toegeken. Hy het drie ere-doktorsgrade ontvang.
     
  Rachel Jafta, wat die grade BEcon, BEcon Hons, MEcon en PhD het, is ’n medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit
Stellenbosch. Sy het in 2003 as ’n direkteur by Naspers aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 aangestel. Sy is lid van die Suid-Afrikaanse Ekonomievereniging en direkteur van Econex. Sy is voorsitter van Die Kaapse Karnaval–trust en ’n direksielid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse- verhoudinge. Sy het die konsep van die Rachel’s Angels-bemagtigingsprojek ontwikkel – ’n Media24-inisiatief wat in die Wes-Kaap in samewerking met die Universiteit Stellenbosch bedryf word. Sy is ’n lid van Naspers en Media24 se oudit- en risikobestuurskomitees. Sy is in April 2008 as die voorsitter van Media24 se oudit- en risikobestuurskomitee aangestel.
     
  Fred Phaswana het die grade BA Hons, MA en BCom Hons verwerf. Hy het in 2003 as ’n direkteur by die Naspers-groep aangesluit en is in 2007 as ’n direkteur van Media24 aangestel. Hy is voorsitter van Transnet, Ethos, Anglo American Suid-Afrika en Anglo Platinum, en ’n direkteur van Anglo American plc. Hy is ook voorsitter van die SA Instituut vir Internasionale Aangeleenthede.
     
  Koos Bekker het die span gelei wat M-Net in 1985 gestig het en was daarna tot 1997 uitvoerende hoof van die MIH-groep. Hy was ook ’n stigtersdirekteur van MTN. Hy is ’n direkteur van Media24, MIH B.V., MIH (Mauritius) Beperk, MIH Beherend, MultiChoice Suid-Afrika Beherend en ander maatskappye binne die breër groep. Hy dien ook in die plaaslike reëlingskomitee vir die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker en die raad van die Universiteit Stellenbosch. Hy is sedert 1997 uitvoerende hoof van Naspers.
     
  Steve Pacak is op 1 April 2009 weer as finansiële direkteur in die direksie aangestel ná sabbatsverlof van drie maande.
Hy het sy loopbaan by die Naspers-groep in 1988 as groep- finansiële bestuurder by M-Net begin en verskeie uitvoerende poste in die MIH-groep beklee. Steve was die finansiële hoof van MIH Beherend (MIHH) van November 1993 tot Januarie 1998. Hy is ’n direkteur van Media24, MIH B.V., MIH (Mauritius) Beperk, MIH Beherend, MultiChoice Suid-Afrika Beherend en ander maatskappye binne die breër Naspers-groep. Steve is in 1998 as ’n uitvoerende direkteur van Naspers aangestel.
     
  Jakes Gerwel het in 1999 as ’n direkteur by die Naspers-groep aangesluit. Hy was voorheen direkteur-generaal in die kantoor van oud-president Nelson Mandela, sekretaris van die kabinet en rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy is kanselier van Rhodes-universiteit en voorsitter van Brimstone Investment Corporation, die Suid-Afrikaanse lugdiens, Media24 en Welkom Yizani. Hy dien in die uitvoerende komitee en die mensehulpbronne- en nominasiekomitees van Media24 en Naspers.
     
  Boetie van Zyl se kwalifikasies sluit in PrIng en BSc (Meganies). Hy het in 1988 as ’n direkteur by die Naspers-groep aangesluit. Hy is ’n lid van die direksies van MIH Beherend, MIH (Mauritius) Beperk, MIH B.V. en Media24, en is ’n trustee van die Vredesparkstigting in Suid-Afrika. Hy is voorsitter van Naspers se oudit- en risikobestuurskomitee, lid van die oudit- en risikobestuurskomitees van Media24 en MIH, en lid van die mensehulpbronne- en nominasiekomitees van Media24 en Naspers.
     
  Lambert Retief het die grade BCom en BCom Hons aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Daarna het hy as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer en die Owner President Management (OPM)-program aan die Harvard-sakeskool voltooi. Hy is ’n direkteur van Media24, voorsitter en voormalige uitvoerende hoof van die Paarl Media-groep en ’n direkteur van ander filiaalmaatskappye in die groep. Hy is ook ’n direkteur van die genoteerde landboubeleggingsgroep Zeder Beleggings Beperk. Hy het verskeie uitvoerende poste in die drukkersbedryf beklee, onder meer as president van PIFSA (Drukkersbedryf-Federasie van Suider-Afrika) en voorsitter van die Provinsiale Persunie.
     
  Francine-Ann du Plessis is ’n direkteur van Loubser du Plessis Ing., geoktrooieerde rekenmeesters, die Nywerheidsont-wikkelingskorporasie (NOK) van Suid-Afrika, die KWV-groep, Sanlam en die Suid-Afrikaanse lugdiens. Sy is ’n lid van die oudit- en risikobestuurskomitee van Naspers.
 
  • 1
  • 2
 
 
Naspers