Die ouditkomitee dien graag hierdie verslag in, soos vereis in artikels 269A en 270A van die Maatskappywet (“die wet”).
VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE OUDITKOMITEE
Die ouditkomitee het formele opdragte, aan hom opgedra deur die direksie, aanvaar as sy ouditkomiteehandves.
Die ouditkomitee het die verantwoordelikhede uitgevoer ingevolge sy handves en daaraan, ingevolge die wet, gehoor gegee, soos volg:
- die tussentydse, voorlopige en finansiële jaarstate nagegaan, met ‘n aanbeveling aan die direksie om hulle te aanvaar. Tydens sy oorsig:
| – |
neem die komitee toepaslike stappe om te verseker dat die finansiële state voorberei word ingevolge Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde (“IFRS”) en soos vereis word deur die Maatskappywet van Suid-Afrika |
| – |
oorweeg en, wanneer toepaslik, maak die komitee aanbevelings oor interne finansiële beheermaatreëls |
| – |
hanteer die komitee besorgdheid of klagtes aangaande rekeningkundige beleid, interne oudit, die oudit of inhoud van finansiële jaarstate, en interne finansiële beheermaatreëls, en |
| – |
oorweeg hy regsake wat ‘n beduidende impak op die organisasie se finansiële state mag hê |
- die eksterne ouditverslae met betrekking tot die finansiële jaarstate in oorsig geneem
-
die interne oudithandves en -plan goedgekeur
- die interne oudit- en risikobestuurverslae in oorsig geneem, en waar toepaslik, aanbevelings aan die direksie gemaak
- die doeltreffendheid van risikobestuur-, beheermaatreëls- en die korporatiewebestuurstelsels geëvalueer
-
die onafhanklikheid van die eksterne ouditeur geverifieer, PricewaterhouseCoopers Ing. as die ouditeur vir 2009 genomineer en die aanstelling van mnr Brendan Deegan as die aangewese ouditeur aangeteken
- die ouditfooie en diensvoorwaardes van die eksterne ouditeur goedgekeur, en
- die aard en omvang van toelaatbare nie-ouditdienste bepaal en die diensvoorwaardes vir die voorsiening van nie-ouditdienste deur die eksterne ouditeur goedgekeur.
|
| |
LEDE VAN DIE OUDITKOMITEE EN BYWONING VAN VERGADERINGS
Die ouditkomitee bestaan uit die nie-uitvoerende direkteure hieronder genoem en kom minstens drie maal per jaar byeen ooreenkomstig die handves van die ouditkomitee. Al die lede tree onafhanklik op soos beskryf in artikel 269A van die Maatskappywet. Die volgende drie vergaderings is gedurende die oorsigjaar gehou:
11 Junie 2008: J J M van Zyl (voorsitter), met bywoning deur R C C Jafta, F-A du Plessis en T Vosloo
17 September 2008: J J M van Zyl (voorsitter), met bywoning deur R C C Jafta, F-A du Plessis en
T Vosloo
12 November 2008: J J M van Zyl (voorsitter), met bywoning deur R C C Jafta, F-A du Plessis en
T Vosloo.
INTERNE OUDIT
Die ouditkomitee vervul ’n toesighoudende rol ingevolge die groep se finansiële state en die verslagdoeningsproses, insluitend die interne finansiële beheerstelsel. Die komitee is verantwoordelik daarvoor om te verseker dat die groep se interne ouditfunksie onafhanklik is en die nodige hulpbronne, status en gesag in die organisasie het om hom in staat te stel om sy pligte na te kom. Voorts hou die ouditkomitee toesig oor die samewerking tussen die interne en eksterne ouditeure, en dien as ’n skakel tussen die direksie en hierdie funksies.
BYWONING
In hul rol as ouditeure aan die groep, het die interne en eksterne ouditeure alle vergaderings van die ouditkomitee bygewoon en daarop verslag gelewer. Die groep se risikobestuurfunksie is ook verteenwoordig. Uitvoerende direkteure en relevante senior bestuurders het die vergaderings op uitnodiging bygewoon.
VERTROULIKE VERGADERINGS
Ouditkomitee-agendas maak voorsiening vir vertroulike vergaderings tussen die komiteelede en die interne en eksterne ouditeure.
ONAFHANKLIKHEID VAN DIE EKSTERNE OUDITEUR
Tydens die oorsigjaar het die ouditkomitee ’n voorlegging deur die eksterne ouditeur in oënskou geneem en, na sy eie oorsig, is die onafhanklikheid van die ouditeur bevestig.
KUNDIGHEID EN ERVARING VAN DIE FINANSIËLE DIREKTEUR
Soos vereis deur JSE-noteringsvereiste 3.84(h), het die ouditkomitee hom tevrede verklaar dat die finansiële direkteur oor toepaslike kundigheid en ervaring beskik.
|
 |
J J M van Zyl
Voorsitter: oudit- en risikobestuurskomitee
26 Junie 2009
|
|
|