Paarl Media
Paarl Media het ’n sterk jaar beleef, met die twee groot ondernemings, Paarl Gravure en Paarl Web, wat gesonde groei getoon het. Die nuwe drukkery, Paarl Web Gauteng, het ver wag tinge oortref en volumes verhoog, met die gevolg dat ’n bykomende drukpers in bedryf gestel is. Kapasiteit is ook by Paarl Web en Paarl Print verhoog. Paarl Print het kontrakte van ander Afrika-lande verkry, en Paarl Labels het goed presteer. Die bestuurspan by Paarl Media is versterk om die bestendige groei van die afgelope jare te hanteer.
Die stygende prys van papier en ink sal egter vorentoe druk op marges plaas. Handelsdrukvolumes kan onder druk kom indien klante soos kleinhandelaars ’n inkrimping van volumes ondervind.
 |
 |
 |
| 131 |
|
duisend se sirkulasie aangeteken deur Move! |
Boekuitgewery
Hierdie eenheid is nou kleiner, nadat Van Schaik Boekhandel en Afribooks van die hand gesit is, maar het goed presteer.
Uitgewers en agente het voortgebou op verlede jaar se verbeterings. Die skoolboekuitgewers Nasou Via Afrika (NVA) en Jonathan Ball Publishers het sterk presteer.
Die algemene uitgewers NB-Uitgewers (insluitend Tafelberg en Human & Rousseau) het ook ’n goeie jaar agter die rug. Talle bekroonde boeke is uitgegee, waaronder die eerste volkleur-geïllustreerde Suid-Afrikaanse geskiedenisboek in bykans twee dekades.
Volhoubaarheid en korporatiewe maatskaplike belegging
Benewens sy bemagtigingsinisiatief, Welkom Yizani, is Media24 verbind tot die opheffing van die mense in die gemeenskappe waarin hy werk. Media24 erken die belangrikheid van sy impak op die omgewing, die doeltreffende bestuur van beroepsgesondheid- en veiligheidsrisiko’s, asook die ontwikkeling van sy werknemers.
Media24 het sy eerste amptelike telkaart in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse departement van handel en nywerheid se Goeie Praktykkodes verskaf deur ’n onafhanklike verifikasieagentskap te gebruik. Media24 is trots daarop dat hy volpunte behaal het vir beide die ondernemingsontwikkelings- en sosio-ekonomiese ontwikkelingskomponente. Meer besonderhede oor die maatskappy se maatskaplike beleggingsinisiatiewe is beskikbaar by die webwerf (www.media24.com).
|