English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Oorsig van werksaamhede
 
   
  Betaaltelevisie
     
 

MEDITERREENSE STREEK

Die NetMed-intekenaarbasis het teen 31 Maart 2008 op 362 000 gestaan. Dit was grootliks te danke aan ’n sterk sportaanbieding, insluitend die uitsending van die wedstryde van tien uit die 16 Griekse sokkerspanne, en die verkryging van die regte vir die Euro 2008 Sokkerkampioenskap.

In Oktober 2007 is nuwe programpakkette bekend gestel, bestaande uit vier boekette waarvan die pryse wissel van €29,50 tot €57. Drie inhoudverskaffing sooreenkomste is met internetprotokoltelevisie- (IPTV)- operateurs gesluit as deel van die strategie om programme op alle transmissie plat forms beskikbaar te stel.

Die oproepsentrum het gedurende die jaar ’n bronsmedalje in die nasionale Teleperformance Hellas-kompetisie verower en die bemarkingspan het twee silwer Ermistoekennings en een goue Ermis-prys vir sy bemarkingsveldtogte ontvang.

Nadat Naspers se beleggingsprioriteite hersien is, het MIH ’n voorwaardelike ooreenkoms met ForthNet SA, ’n toonaangewende Griekse telekommunikasiemaatskappy, aangegaan om NetMed te verkoop. Die ooreenkoms sal na verwagting later vanjaar gefinaliseer word.

MOBIELE TELEVISIE

’n Nuwe gesamentlikeondernemingsmaatskappy, DMtv, is ingelyf om mobiele televisie-dienste op die vasteland van Afrika uit te brei. Lisensies is in verskeie Afrika-lande verkry.

Gedurende die jaar onder oorsig is kommersiële mobieletelevisie-dienste in samewerking met plaaslike operateurs in Nigerië, Kenia en Namibië bekend gestel. Dit stel gebruikers in staat om op hul selfone ’n spesiale televisieboeket te ontvang wat internasionale en plaaslike kanale van elke betrokke land insluit.

Kommersiële DVB-H-lisensies (digitale video-uitsending vir handtoestelle) is nog nie in Suid-Afrika toegeken nie. Intussen, en in afwagting op die toekenning van hierdie lisensies, word ’n mobiele-TVtoetsdiens befonds. Regte is bekom vir die 2008 Olimpiese Spele in Beijing, asook die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker.

MEDIAZONE

Dit is ’n ontwikkelingsprojek wat breëbandvideo-inhoud aan gebruikers in verskeie lande verskaf en is tans op sport en internasionale vermaaklikheidsprogramme toegespits.

Hoogtepunte van die jaar sluit ten volle interaktiewe dekking van Wimbledon in, ’n omvattende video-opaanvraag- diens vir die Rugbywêreld beker, en die Chinese nuwejaarsfees in samewerking met CCTV aangebied.

 
 
 
 
  Betaaltelevisie    
Terug na bo