EUROPA
Die verkryging van 100% van Tradus is in Maart 2008 afgehandel. Tradus is ’n toonaangewende verskaffer van verbruiker-na-verbruiker (C2C) e-handelplatforms, met aanlynveilings- en vasteprys-verkoopdienste. Die hoofmark is Pole. Die maatskappy is ook werksaam in Switserland, Tsjeggië, Slowakye, Roemenië, Bulgarye, Hongarye, Oekraïne, Rusland, Litaue en Estland. Oor die afgelope jaar het geregistreerde gebruikers met 41% tot 12 miljoen toegeneem.
Na sy verkryging is die Tradus-groep in Oos-Europa en Wes-Europa verdeel. Oos-Europa sal as die Allegro-groep en Wes-Europa as die Ricardo-groep bekend staan. Hulle sal as onafhanklike maatskappye bedryf word.
Allegro behaal ook elders in Oos-Europa sukses. Hy het sy C2C-kundigheid na prysvergelykings (ceneo.pl) en geklassifiseerde motor- (otomoto.pl) en eiendomsadvertensies (otodom.pl) in Pole uitgebrei. Allegro is nou die voorste C2C-platform in Tsjeggië (aukro.cz) en het vastrapplek gekry in die mark in Oekraïne (aukro.ua).
In Desember 2007 het MIH 97% van die ekwiteits- aandelekapitaal in die Warskou-genoteerde Gadu-Gadu, die voorste kitsboodskapplatform in Pole, verkry. Teen die jaareinde het die getal aktiewe kitsboodskapgebruikers tot 5,9 miljoen gegroei. Maandelikse bladbesoeke het meer as verdubbel tot 3,7 miljard. Die sosiale netwerkwebwerf Moja Generacja (nuwe generasie) het tot 3,2 miljoen gebruikers in Maart 2008 gegroei.
RUSLAND
mail.ru is ’n toonaangewende verskaffer van internetprodukte en -dienste, met die grootste Russiessprekende internetgehoor wat bereik word. Teen die jaareinde het die getal unieke gebruikers op die mail.ru-portaal gegroei tot 52 miljoen. Sy kernaanbod van e-posdienste het die laaste paar jaar teen ’n saamgestelde koers van 59% per jaar gegroei.
mail.ru het verlede jaar sy eie sosiale netwerkwebwerf, Moi Mir (My Wêreld), bekend gestel, wat nou ’n unieke gebruikerbasis van 13,5 miljoen het. Sy e-pos- en kits boodskap kommunikasieprodukte het so gewild geword dat mail.ru nou ’n markleier op die gebied van vertoonadvertensies is. mail.ru is goed geplaas om baat te vind by die groei in aanlynadvertensies in Rusland, wat deur toenemende breëband-internetpenetrasie gedryf word.
Tans word samewerkingsgeleenthede tussen mail.ru se vergelykbare inkopiedienste en die molotok.ru-handelsplatform, waarin Allegro ’n belang het, ontgin.
SUID-AFRIKA
MWEB IDV
MWEB is een van die grootste residensiële internetdiensverskaffers (IDV’s) in Suid-Afrika en besit ook die grootste VSAT (baie klein gleuftegnologie) korporatiewe internetbasis in Afrika suid van die Sahara. In Suid-Afrika kortwiek stadige deregulering internetgroei. MWEB het ’n WiMAX-toetslopie (draadlose breëbandtegnologie) in Johannesburg, Kaapstad en Soweto gedoen om breëbanddienste aan huishoudings en ondernemings te lewer. Met die verwagte tempo van breëbanduitbreiding in Suid-Afrika, het MWEB beoog om in draadlose breëband-infrastruktuur te belê om sy leiersposisie te handhaaf.
Aangesien die groep geen ander internetdiensverskaffer besit nie, en hierdie besigheid meer infrastruktureel van aard is as ons ander eenhede, is koopaanbiedinge vir hierdie dienste aangevra en word tans geëvalueer.
 |
 |
 |
| 12 |
|
miljoen geregistreerde gebruikers op die Tradus-platforms |
24.com
24.com is die grootste internetuitgewer in Suid-Afrika. ’n Verskeidenheid van sy subhandelsmerke (insluitend News24, Health24, Property24, Fin24 en Wheels24) is kategorieleiers op hul gebiede.
24.com is ook deur Netads24 aktief in die aanlynbedryf vir geklassifiseerde advertensies. Careers24 het 'n groeiende
basis van werk soekers en bied
aan personeel werwers 'n aantreklike geleentheid kategorieleiers op hul gebiede. om aanlyn te adverteer. Kalahari.net het sy status as die voorste aanlyn-kleinhandelsbestemming in Suid-Afrika bevestig. 24.com ontwikkel nuwegenerasie-funksionaliteit vir gebruikers.
MOBIELE TOEGEVOEGDEWAARDE-DIENSTE
Nimbuzz
Die groep het ’n belang in die jong Nimbuzz verkry, wat op kitsboodskapsamevoeging, stem-oor-internet-protokol en telekommunikasietoepassings fokus. Gebruikers word met verskeie gemeenskappe soos MSN, AIM, Yahoo en Skype verbind, wat ’n makkernetwerk op die Nimbuzz-platform skep. Vennootskappe word met streekspelers gesluit.

MXit
MXit, 'n mobielekitsboodskapverskaffer, het gedurende die jaar sy omset in Suid-Afrika met 110% verhoog en die getal gebruikers het met 88% gegroei. MXit het onlangs in Brasilië, Indië en ander markte begin uitbrei. Verskeie uitdagings is gedurende die jaar getrotseer, insluitend ’n belangrike platformopgradering. |