| Korporatiewe bestuur en volhoubaarheid |
|
|
|
|
 |
|
Korporatiewe bestuur en volhoubaarheid |
|
|
|
|
| |
DIREKSIEKOMITEES
Hoewel die direksie verantwoordelik en aanspreeklik bly vir die prestasie en sake van die maatskappy, delegeer hy sekere funksies aan die direksie se subkomitees en bestuur om die direksie te help om sy pligte behoorlik na te kom. Daar is toepaslike strukture vir hierdie delegering, asook gepaardgaande monitering- en rapporteringstelsels.
Elke subkomitee tree binne ooreengekome skriftelike opdragte op. Die voorsitter van elke subkomitee doen by elke gereëlde vergadering van die direksie verslag en notules van subkomiteevergaderings word aan die direksie verskaf.
Die voorsitter van elke subkomitee is ’n nie-uitvoerende direkteur en is verplig om algemene jaarvergaderings by te woon en vrae van aandeelhouers te beantwoord. Die bestaande direksie-subkomitees word hieronder bespreek.
Dagbestuur/uitvoerende komitee
Hierdie komitee bestaan uit ’n meerderheid van nieuitvoerende direkteure, van wie een die voorsitter van die direksie is en ook as voorsitter van die dagbestuur dien, en die uitvoerende direkteure. Die dagbestuur tree namens die direksie op in die bestuur van dringende aangeleenthede wanneer die direksie nie in sitting is nie, onderhewig aan statutêre beperkings en die direksie se beperkings op delegering. Dit was nie vir hierdie komitee nodig om in die afgelope boekjaar amptelik te vergader nie.
Alle sake wat voor die komitee gedien het, is op ’n rondomtaliegrondslag gehanteer.
Oudit-en-risikobestuurskomitee
Die lede van hierdie komitee is almal onafhanklik. Mnr Boetie van Zyl was die afgelope boekjaar die voorsitter en beskik oor finansiële leierskapvaardighede. Alle lede is finansieel geletterd en beskik oor omvattende sake- en finansiële kundigheid.
Die komitee het die afgelope boekjaar drie vergaderings gehou. Besonderhede van bywoning deur die lede van dié subkomitee verskyn in die tabel op bladsy 54 van hierdie jaarverslag. Die besturende direkteur en die finansiële direkteur woon die vergaderings van die oudit-enrisikobestuurskomitee op uitnodiging by.
Sowel die interne as die eksterne ouditeure het onbeperkte toegang tot die komitee. Die eksterne ouditeur mag ook sy bevindings aan die komitee bekend maak terwyl lede van die uitvoerende bestuur nie teenwoordig is nie. |
| Die bestek van dié komitee sluit in risikobestuur en voldoening aan die noteringsvereistes van die JSE en die LSE. Die hoofverantwoordelikhede van die oudit-en-risikobestuurskomitee is onder meer om: |
- aandag te gee aan alle sake wat kragtens die Suid-
Afrikaanse Wysigingswet op Korporatiewe Wette, 2006
(wat op 14 Desember 2007 gepromulgeer is), deur 'n
ouditkomitee gehanteer moet word
- die maatskappy se jaarverslae, tussentydse en voorlopige
verslae na te gaan en by die direksie aan te beveel vir
goedkeuring
- die eksterne ouditeur se verslae te ontvang
- die lewensvatbaarheid van die betrokke maatskappye en
die groep self as 'n lopende saak te ondersoek en
aanbevelings daaroor by die direksie in te dien
- belangrike litigasiesake na te gaan
- die eksterne ouditeur se planne, bevindings en verslae te
evalueer en goed te keur
- die doeltreffendheid van die interne ouditfunksie,
insluitend die aktiwiteite, bestek, toereikendheid en koste
daarvan te evalueer, en die jaarlikse interne ouditplan en
enige wesenlike veranderings daaraan goed te keur
- prosedures en stelsels wat deur bestuur ingestel is, te
evalueer (insluitend, sonder beperking, interne
beheermaatreëls, openbaarmakingsbeheer en -prosedures,
en inligtingstelsels)
- die aktiwiteite, bestek, toereikendheid en doeltreffendheid
van die maatskappy se risikobestuurs- en regulatoriese
verwante prosedures te hersien en goed te keur
- regsaangeleenthede wat die finansiële state kan raak, te
evalueer
- prosedures in te stel vir die hantering van klagtes wat die
maatskappy ontvang rakende rekeningkundige, interne
beheer- of ouditaangeleenthede
- beweerde voorvalle wat via die verklikkergeriewe
aangemeld is, na te gaan
- die beginsels vir die gebruik van 'n eksterne ouditeur vir
nie-ouditdienste te bepaal, en
- die doeltreffendheid van die komitee te evalueer.
|
| |
Mensehulpbronnekomitee
Hierdie komitee, onder voorsitterskap van mnr Ton Vosloo, bestaan slegs uit onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure. Uitvoerende direkteure en sekere lede van bestuur woon vergaderings op uitnodiging by, soos toepaslik. Hierdie komitee het die afgelope boekjaar vier keer vergader. Besonderhede van bywoning deur die lede van hierdie subkomitee verskyn in die tabel hier.
|
| Die hoofverantwoordelikhede van die mensehulpbronnekomitee is onder meer om: |
- die maatskappy se algemene beleid oor vergoeding te
bepaal
- vergoedingspakkette vir uitvoerende direkteure, insluitend
bonusaansporingskemas en verhogings, jaarliks te hersien
en goed te keur
- jaarliks die prestasie van die besturende direkteur/
uitvoerende hoof te beoordeel
- gereeld die maatskappy se kode vir sake-etiek en die
doeltreffendheid van die sake-etiekbestuursprogram te
hersien
- jaarliks die algemene vlak van vergoeding vir lede van die
direksie en sy komitees te hersien en voorstelle aan die
direksie voor te lê vir finale goedkeuring deur
aandeelhouers op 'n algemene vergadering
- gedelegeerde verantwoordelikhede ten opsigte van die
groep se aandeelgebaseerde aansporingskemas na te kom
- aanstellings en bevorderings van top- uitvoerende hoofde
goed te keur
- gevalle van onetiese sakegedrag, indien enige, deur senior
bestuurders en uitvoerende hoofde van die maatskappy
te evalueer, en
- planne ten opsigte van diensbillikheid en vaardigheids-
ontwikkeling te hersien.
|
| |
Nominasiekomitee
Hierdie komitee is nou ’n selfstandige komitee, ook onder voorsitterskap van mnr Ton Vosloo, en bestaan slegs uit nie-uitvoerende direkteure. Uitvoerende direkteure en ander lede van die bestuur woon vergaderings op uitnodiging by. Hierdie komitee het die afgelope boekjaar vier keer vergader. Besonderhede van bywoning deur die lede van dié subkomitee verskyn in die tabel hier . Die hoofverantwoordelikhede van die komitee is onder meer om: |
- jaarliks die doeltreffendheid van korporatiewe
bestuursriglyne en die reglement van die direksie te
hersien
- aanbevelings by die direksie te doen oor die struktuur,
grootte en samestelling van die direksie
- die prestasie van die direksie, subkomitees daarvan,
direkteure en die voorsitter te evalueer
- aanbevelings by die direksie in te dien ten opsigte van die
aanstelling van nuwe direkteure, en
- kriteria vir direkteure te bepaal, soos beperkings op die
getal direksies waarin 'n direkteur mag dien en
ampstermyne.
|
| |
Nakoming van verantwoordelikhede
Die direksie is van mening dat al die subkomitees hul verantwoordelikhede vir die jaar onder oorsig in ooreenstemming met hul opdragte nagekom het. |
| |
| |
|
|
|
|
|