English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Gekonsolideerde en maatskappy finansiële jaarstate
   
  Direkteursverslag aan aandeelhouers
vir die jaar geëindig 31 Maart 2008
     
 

EIENDOM, AANLEG EN TOERUSTING

Die groep se belegging in eiendom, aanleg en toerusting het op 31 Maart 2008 R4,5 miljard bedra vergeleke met R4,1 miljard in die vorige jaar. Besonderhede word in aantekening 4 van die gekonsolideerde finansiële jaarstate weergegee.

Kapitaalverpligtinge op 31 Maart 2008 het R642 miljoen beloop (2007: R887 miljoen). Verdere kapitaalbesteding ten bedrae van R782 miljoen is deur die direksies van die onderskeie groepmaatskappye goedgekeur, maar daarvoor was nog nie teen 31 Maart 2008 gekontrakteer nie.

DIVIDENDE

Die direksie beveel aan dat ’n dividend van 180 sent per N- gewone aandeel (2007: 156 sent) en 36 sent per A- gewone aandeel (2007: 31 sent) verklaar word.

GROEP

Naspers Beperk is nie ’n filiaal van enige ander maatskappy nie. Die naam, land van inkorporasie en effektiewe finansiële persentasiebelang van die beheermaatskappy in elk van die Naspers-groep se hooffiliale word in aantekening 7 by die gekonsolideerde finansiële jaarstate weergegee. Alle filiale, wesenlike geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings het dieselfde jaareinde as die beheermaatskappy, met die uitsondering van Tencent Holdings Limited, Abril S.A. en Port.ru Inc., wat ‘n 31 Desember jaareinde het. Die beheermaatskappy se belang in die totale bedrag van wins na belasting wat deur filiale verdien is, is R3,0 miljard (2007: R1,8 miljard) en die belang in die totale verliese na belasting van filiale bedra Rnul (2007: Rnul).

Besonderhede van die groep se wesenlike verkrygings en vervreemdings gedurende die jaar word in aantekening 3 by die gekonsolideerde finansiële jaarstate weergegee.

DIREKTEURE, SEKRETARIS EN OUDITEUR

Die name van die direkteure en hul besonderhede verskyn op hier van hierdie verslag en die naam, posadres en sake-adres van die maatskappysekretaris verskyn op hier van hierdie verslag. Besonderhede met betrekking tot die direkteure se aandeelhoudings in die uitgereikte aandelekapitaal van die maatskappy word in aantekening 13 by die gekonsolideerde finansiële jaarstate geopenbaar.

PricewaterhouseCoopers Ing. sal ingevolge artikel 270(2) van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet van 1973 as ouditeur aanbly.

LENINGS

Die maatskappy se statute plaas geen beperking op die leningsbevoegdheid van die maatskappy nie.

GEBEURTENISSE NÁ BALANSSTAATDATUM

Die groep het op 2 Junie 2008 aangekondig dat ‘n proses begin is om die internet-diensverskaffer, MWEB, te verkoop.

Onderteken namens die direksie:
 

T Vosloo

Voorsitter

20 Junie 2008

S J Z Pacak

Uitvoerende direkteur
 
 
  Direkteursverslag aan aandeelhouers    
Terug na bo