English Annual Report ►
 
Webtuistekaart ►
 
Aflaai ►
 
 
Korporatiewe bestuur en volhoubaarheid
   
  Direktoraat
     
 
 
 

JAKES GERWEL

Jakes Gerwel het in 1999 as ’n direkteur by die Naspers-groep aangesluit. Hy was voorheen direkteur-generaal in die kantoor van oud-president Nelson Mandela, sekretaris van die kabinet en rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland. Prof Gerwel is die kanselier van Rhodes-universiteit en voorsitter van Brimstone Investment Corporation, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Media24 en Welkom Yizani. Hy dien in die dagbestuur en mensehulpbronne- en nominasiekomitees van Media24 en Naspers.
 

FRANCINE-ANN DU PLESSIS

Francine-Ann du Plessis is ’n direkteur van Loubser du Plessis Ing., geoktrooieerde rekenmeesters, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) van Suid-Afrika, die KWV-groep, Sanlam en die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Adv Du Plessis is ’n lid van Naspers se oudit-en-risikobestuurskomitee.
FRANCINE-ANN DU PLESSIS
BOETIE VAN ZYL  

BOETIE VAN ZYL

Boetie van Zyl is ’n lid van die direksies van MIH Beherend, MIH Mauritius, MIH B.V., Media24, Murray & Roberts, en ’n direkteur en trustee van die Vredesparke in Suid-Afrika. Hy is voorsitter van Naspers se oudit-en-risikobestuurskomitee, ’n lid van die oudit-enrisikobestuurskomitee van MIH en Media24, asook ’n lid van die mensehulpbronne- en nominasiekomitees van Media24 en Naspers.
 
 

NEIL VAN HEERDEN

Neil van Heerden is ’n trustee van die Universiteit van Wes-Kaapland, voormalige uitvoerende direkteur van die Suid-Afrika Stigting (tans Sakeleierskap) en ’n direkteur van Via Afrika en ander maatskappye.
NEIL VAN HEERDEN
HEIN WILLEMSE  

HEIN WILLEMSE

Hein Willemse is ’n direksielid of trustee van verskeie organisasies en gemeenskapsliggame. Prof Willemse is hoof van die departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria.
 

LOURENS JONKER

Lourens Jonker is die eienaar van die Weltevrede-wynlandgoed naby Bonnievale in Suid-Afrika. Hy is ’n direkteur van Absa en ’n voormalige voorsitter van die KWV-groep.
LOURENS JONKER
 
 
  Direktoraat    
Terug na bo