DIREKTEURE SE VERANTWOORDELIKHEID VIR DIE FINANSIËLE STATE
Die maatskappy se direkteure is verantwoordelik vir die opstel en redelike voorstelling van hierdie finansiële state ooreenkomstig
‘Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde’ (“IFRS”), en op die wyse wat deur die Maatskappywet van Suid-Afrika vereis
word. Hierdie verantwoordelikheid sluit in: die ontwerp, implementering en instandhouding van interne beheer relevant tot die
opstel en redelike voorstelling van finansiële state wat vry is van wesenlike wanvoorstelling, hetsy weens bedrog of foute; die
selektering en toepassing van toepaslike rekeningkundige beleid; en die maak van rekeningkundige ramings wat in die
omstandighede redelik is.
OUDITEUR SE VERANTWOORDELIKHEID
Dit is ons verantwoordelikheid om op grond van ons oudit ’n mening oor hierdie finansiële state uit te spreek. Ons het ons oudit
ooreenkomstig ‘Internasionale Ouditstandaarde’ (“ISA”) uitgevoer. Daardie standaarde vereis dat ons voldoen aan etiese vereistes
‘n Oudit behels die uitvoer van prosedures om ouditbewyse te verkry oor die bedrae en openbaarmaking in die finansiële state. Die
prosedures wat geselekteer word, hang af van die ouditeur se oordeel, insluitend die beoordeling van die risiko’s van wesenlike
wanvoorstelling van die finansiële state, hetsy weens bedrog of foute. Tydens daardie risikobeoordeling oorweeg die ouditeur interne
beheer relevant tot die entiteit se opstel en redelike voorstelling van die finansiële state, ten einde ouditprosedures te ontwerp wat in die
omstandighede toepaslik is, maar nie met die doel om ‘n mening uit te spreek oor die effektiwiteit van die entiteit se interne beheer nie.
’n Oudit sluit ook ’n evaluering in van die toepaslikheid van rekeningkundige beleid wat gebruik is en die redelikheid van rekeningkundige
ramings wat deur die direkteure gemaak is, asook ’n evaluering van die algehele aanbieding van die finansiële state.
Ons glo dat die ouditbewyse wat ons verkry het, toereikend en toepaslik is om ’n grondslag vir ons ouditmening te bied.
MENING
Na ons mening is die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, ’n redelike voorstelling van die finansiële stand van die maatskappy
en van die groep soos op 31 Maart 2008, en van hulle finansiële prestasie en hulle kontantvloei vir die jaar wat op daardie datum
geëindig het, ooreenkomstig ‘Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde’ (“IFRS”) en op die wyse wat deur die
Maatskappywet van Suid-Afrika vereis word. |