Welkom Yizani
Beleggings Beperk
 
 
direksie    
     
 
 
 
 
     
 

Jakes Gerwel het hom in 1999 as ’n direkteur by die Naspers-groep aangesluit. Hy was voorheen direkteur-generaal in die kantoor van oud-president Nelson Mandela, sekretaris van die kabinet en rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland. Prof Gerwel is die kanselier van Rhodes-universiteit en voorsitter van ’n aantal organisasies, waaronder Media24, Brimstone Investment Corporation, die Suid- Afrikaanse lugdiens, die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, die Nelson Mandela-stigting, die Mandela Rhodes-stigting en Welkom Yizani. Hy is ’n direkteur van Distell en Old Mutual, en dien in die dagbestuur en mensehulpbronne- en nominasiekomitees van Media24 en Naspers. Sy kwalifikasies sluit in BA, BAHons, DLitt et Phil, LicGermPhil en DHumSc (hc). Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit het in 2008 ’n eredoktorsgraad in die lettere aan hom toegeken. Hy is in 2007 as ’n erelid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aangewys.

     
 

Neil Jansen, Media24 Beperk se hoofbestuurder: mensehulpbronne, het verskeie kwalifikasies, wat ’n meestersgraad in sakeleierskap (MBL) van Unisa se nagraadse bestuurskool insluit. Hy het ’n medialeierskapprogram in tegnologie van die nagraadse instituut vir bestuur voltooi. Neil is as ’n meestermensehulpbronnepraktisyn en mentor by die SA Raad vir Personeelpraktyk geregistreer. Hy was die projekbestuurder vir Welkom Yizani (wat 15% van Media24 besit) en sy leiersrolle sluit die voorsitterskap van die Nasionale Media Voorsorgfonds en ’n direkteurskap van Welkom Yizani en Leksikons in. Hy was die stigters- uitvoerende trustee van beide die Media24 Rachel’s Angels Trust en MultiChoice Inkwenkwezi Trust. Hy het in 2004 by Media24 aangesluit na 10 jaar in die vervoer- en die konstruksiebedryf.

     
 

Peter Goldhawk is ’n geoktrooieerde rekenmeester en ’n afgetrede vennoot van PricewaterhouseCoopers Ing. (PwC). Voor sy aftrede in April 2004 was hy die leier van PwC se korporatiewe finansiële waardasie-afdeling, nadat hy voorheen die korporatiewe finansies-afdeling en die forensiese rekenmeestersdienste-afdeling van PwC se voorganger, Coopers & Lybrand, gestig het. Hy is nou ’n direkteur van Goldhawk Corporate Advisory. Hy was verantwoordelik vir die ontwikkeling en bestuur van die Phuthuma en Phuthuma Futhi SEB-skemas wat laat in die 1990s by Elektroniese Medianetwerk (M-Net) en SuperSport Internasionaal Beherend ingestel is. Hy was ook ten nouste betrokke by die implementering van Phuthuma Nathi en Welkom Yizani. Hy is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters, die JSE se Noteringsadvieskomitee en ’n plaasvervangende direkteur van die Raad op Finansiële Dienste se Direktoraat: Markmisbruik.

 
 
Direkteure      
  Datum aangestel
in huidige posisie
Een direksievergadering is
gedurende die jaar gehou.
Bywoning:
Kategorie
G J Gerwel 4 Augustus 2006   1   Onafhanklik, nie-uitvoerend
P O Goldhawk 22 Junie 2007   1   Onafhanklik, nie-uitvoerend
N Jansen 23 Maart 2007   1   Onafhanklik, nie-uitvoerend
 
 
 
      Terug na bo