’n Gewone aandeelhouer wat daarop geregtig is om die vergadering by te woon, daarop te praat en daarop te stem, is geregtig om een of meer persone as sy/haar gevolmagtigde/s aan te stel om in sy/haar plek die vergadering by te woon, daarop te praat en daarop te stem. ’n Gevolmagtigde hoef nie ’n lid van die maatskappy te wees nie.
Volmagvorms moet ingedien word by of gepos word aan die oordragsekretaris van die maatskappy, Link Market Services South Africa (Eiendoms) Beperk, om hulle teen nie later nie as agt-en-veertig
(48) uur (Saterdae, Sondae en vakansiedae word nie in berekening gebring nie) voor die algemene jaarvergadering te bereik by Diagonalstraat 11, Johannesburg 2001 of Posbus 4844, Johannesburg 2000. Met die opsteek van hande het elke lid van die maatskappy wat self teenwoordig is, of deur ’n gevolmagtigde verteenwoordig word, slegs een stem. In ’n stemming met stembriefies is elke persoon wat geregtig is om te stem en self teenwoordig is of deur ’n gevolmagtigde verteenwoordig word, en indien die persoon ’n regspersoon is, is sy/haar verteenwoordiger daarop geregtig om die stemregte soos bepaal deur artikel 195 van die Wet uit te oefen.
Op las van die direksie |