Die weekblad, Soccer Laduuuuuma!, het onlangs ’n rekordsirkulasiesyfer van 321 000 behaal. Sunday Sun en City Press, albei Sondagkoerante, het bestendige groei getoon. City Press het vanjaar ook sy 25ste herdenking gevier deur verskeie inisiatiewe onder die vaandel van die Your SA, Our Home, Our Efforts-veldtog bekend te stel. Die veldtog fokus op gemeenskapswaardes en omgewingsaspekte.
Die gemeenskapstydskrif, My Week, is met 28 streekuitgawes uitgebrei.
Weens die verlangsaming in die mark is ’n aantal kleiner titels gestaak.
Media24 se koerantjoernaliste het weer presteer deur verskeie toekennings in te palm.
Tydskrifte
Dit was nie ’n goeie jaar vir tydskrifte nie, soos blyk uit ’n afname in tydskrifadvertensie-steun.
Advertensiebegrotings is tans meer konserwatief. Verbruikers verkeer onder druk, en gevolglik is sirkulasievlakke gedemp – selfs in die geval van die gevestigde kategorieleiers.
Indrukwekkende sirkulasiegroei is egter aangeteken deur Drum (tot meer as 100 000), Move! (tot bykans 131 000), Cosmopolitan
(tot 123 600), Real (56 000) en National Geographic Kids (39 000).
Nuwe titels wat geloods is, sluit in Sarie Kos, Huisgenoot Pols/You Pulse en Best Life.
Media24 se tydskrifte het verskeie kategorieë by die glansryke 2007 Pica-toekenningsgeleentheid ingepalm. Onder die wenners was Weg, Visi en (www.fin24.co.za) (die tydskrifwebwerf ). Sumien Brink van Visi was Redakteur van die Jaar. |