Media24 het gedurende 2007 ’n elektrisiteitdoeltreffendheidsoudit by sy hoofkantoor in Kaapstad gedoen om moontlike verbeterings te identifiseer wat gedurende die volgende jaar verder ondersoek sal word. Media24 het ook by die Kaapstad-vennootskap aangesluit in hul poging om die energiedoeltreffendheid van geboue in die stad ten volle te benut.
Die groep het onlangs die potensiële impak van die huidige elektrisiteitskrisis op ons werksaamhede ondersoek. Die groep het sowat R50 miljoen in kragopwekkers en ononderbroke kragtoevoer belê.

Die drukkerye poog om uitlatings van gasse te beperk, en het onlangs ’n beduidende belegging aangegaan in hipermoderne masjinerie wat hoofsaaklik uit Europa ingevoer word. Dit sluit toerusting in om uitlatings te beperk. Ons het ook in ons drukkerye belê om geraasbesoedeling te verminder.
Media24 het die afgelope boekjaar sowat 250 000 ton papier gebruik en herwin amper 100% van sy afvalpapier deur sy papierverskaffers. Koerante word gedruk op papier wat herwin is. |