| Media24 Beherend (Eiendoms) Beperk |
| |
 |
|
 |
|
|
|
|
|
| |
 |
| |
| |
Koos Bekker het die span gelei wat M-Net in
1985 gestig het en was daarna tot 1997
uitvoerende hoof van die MIH-groep. Hy was ook
’n stigtersdirekteur van MTN. Hy is ’n direkteur van
Media24, MIH B.V., MIH Mauritius, MIH Beherend,
MultiChoice Suid-Afrika Beherend en ander
maatskappye binne die breër groep. Hy dien ook
in die plaaslike reëlingskomitee vir die 2010 Fifa
Wêreldbeker-sokkertoernooi, en die Raad van die
Universiteit Stellenbosch. Hy is sedert 1997
uitvoerende hoof van Naspers.
|
| |
Jakes Gerwel het in 1999 as ’n direkteur by
die Naspers-groep aangesluit. Hy was voorheen
direkteur-generaal in die kantoor van oudpresident
Nelson Mandela, sekretaris van die
kabinet en rektor van die Universiteit van
Wes-Kaapland. Prof Gerwel is die kanselier van
Rhodes-universiteit en voorsitter van ’n aantal
organisasies, waaronder Media24, Brimstone
Investment Corporation, die Suid-Afrikaanse
lugdiens, die Instituut vir Geregtigheid en
Versoening, die Nelson Mandela-stigting, die
Mandela Rhodes-stigting en Welkom Yizani.
Hy is ’n direkteur van Distell en Old Mutual, en
dien in die dagbestuur en mensehulpbronne-
en nominasiekomitees van Media24 en
Naspers. Sy kwalifikasies sluit in BA, BAHons,
DLitt et Phil, LicGermPhil en DHumSc (hc). Die
Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit
het in 2008 ’n eredoktorsgraad in die lettere aan
hom toegeken. Hy is in 2007 as ’n erelid van die
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aangewys.
|
| |
Hein Brand het ’n BRekHons, BComHons
en LLB verwerf en is ’n geoktrooieerde
rekenmeester. Hy het in 1998 as finansiële hoof
by Naspers aangesluit. Hy is ’n voormalige
finansiële direkteur van Bonnita (Eiendoms)
Beperk. Vanaf 2000 was hy die finansiële Vanaf 2000 was hy die finansiële
direkteur van Media24. Hy is in 2002 as
uitvoerende hoof van Via Afrika aangestel en
in 2005 as besturende direkteur van Media24.
Sy direkteurskappe sluit onder meer in MIH
Drukmedia Beherend, Paarl Media Beherend,
Via Afrika en Abril S.A.. Hein het op 30 Junie
2008 as ’n direkteur van Media24 bedank en
sal sy loopbaan voortsit by MIH, ’n
sustermaatskappy in die Naspers-groep.
|
| |
Russel Botman het die grade BA en DTh
verwerf. Hy is sedert 2004 president van die
Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en het in die
ministeriële taakgroep gedien wat die minister
van onderwys van raad bedien het oor sake
aangaande godsdiens en onderwys. Hy is ’n
direkteur van Media24, ’n voormalige direkteur
van Nasionale Boekuitgewers en voorsitter van
die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees.
Voor hy hom in 2000 by die Universiteit
Stellenbosch aangesluit het as professor in
missiologie en praktiese teologie, was hy
dekaan van die fakulteit godsdiens en teologie
aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy is in
2007 as rektor en visekanselier van die
Universiteit Stellenbosch aangestel.
|
| |
Salie de Swardt het die kwalifikasies
BAHons en BEcon aan die Universiteit
Stellenbosch verwerf en die Nieman
Fellowship aan Harvard-universiteit. Gedurende
sy loopbaan by die Naspers-groep was hy
onder meer finansiële verslaggewer by Die
Burger, finansiële redakteur en redakteur van
Beeld, stigter en redakteur van Finansies &
Tegniek (nou Finweek), uitvoerende hoof van
Media24 Tydskrifte en besturende direkteur
van Media24 vanaf 2000 tot sy uittrede in 2005.
Hy is ’n direkteur van Media24, Paarl Media
Beherend, Aardklop-kunstefees en die ATKV.
|
| |
Francois Groepe het die grade BComHons,
MBA, LLB en ’n nagraadse regsdiploma in
belasting verwerf en is ’n geoktrooieerde
bestuursrekenmeester. Hy is ’n direkteur van
Media24 en uitvoerende hoof van die groep se
koerantuitgewery. Hy was voorheen ’n finansiële
direkteur van Media24. Hy is ’n direkteur van die
Suid-Afrikaanse Reserwebank, Absa Klein Karoo
Nasionale Kunstefees, ’n direkteur van Paarl Media
Beherend, ’n direkteur van Media24 Afrika,
Media24 Nigeria en ander filiaalmaatskappye in
die groep. Francois is met ingang 1 Julie 2008
aangestel as uitvoerende hoof en besturende
direkteur van Media24.
|
| |
Wilmot James het ’n PhD in sosiologie en
Afrika-geskiedenis. Hy is in 2004 as ’n direkteur
van Media24 aangestel. Hy was voorheen ’n
direkteur van die Raad vir Geesteswetenskaplike
Navorsing (RGN), dekaan van geesteswetenskappe
aan die Universiteit van
Kaapstad, direkteur van die Instituut vir
Demokrasie in Suid-Afrika (Idasa) en professor
in sosiologie aan die Universiteit van Kaapstad.
Hy is tans uitvoerende hoof van die Africa
Genome Education Institute en ereprofessor
in menslike genetika aan die Universiteit van
Kaapstad. Hy is ook ’n direkteur van Fynbos
(Eiendoms) Beperk, The Grape Company,
Sanlam en Sanlam Lewensversekering. Hy is
voorsitter van die Kaapse Filharmoniese Orkes
en die Fynbos-stigting.
|
| |
|
|
|
|
 |
|