OORSIG VAN WERKSAAMHEDE - Betaaltelevisie

BETAALTELEVISIE
Suid-Afrika
MultiChoice se DStv-intekenaarbasis het
toegeneem met 450 000, wat die getal huishoudings
op
31 Maart 2010 op 2,85 miljoen te staan gebring
het. Die Compact-boeket, wat op die ontluikende
mark gemik is, het groei van 245 000 getoon en teen
die einde van die jaar 716 000 huishoudings bereik. Ná ’n bevredigende feesseisoen het MultiChoice in die laaste kwartaal van die finansiële jaar ’n stadiger
toename in nuwe intekenare beleef.
![]() |
![]() |
Die verkope van die gewilde persoonlike video-opnemer (PVR) het 364 000 bereik, terwyl die getal huis- houdings op die XtraView-diens, gestyg het tot 416 000. Dit stel intekenare in staat om deur middel van twee gekoppelde dekodeerders na verskillende programme te kyk. Die hoëdefinisie- persoonlike video-opnemer (PVR) (een van die mees gevorderde ter wêreld) en die XtraView-tegnologie is deur Suid-Afrikaanse ingenieurs ontwikkel.
![]() |
![]() |
’n Verskeidenheid nuwe kanale en programme is tot DStv se reeks toegevoeg om te verseker dat dit opwindend bly. Nuwe kanale sluit Discovery World, Ignition (motor), Koowee (kinders) en Vuzu (jongmense) in. Nuwe media-elemente soos SMS en SNS is in die Vuzu-aanbieding geïnkorporeer. DStv se diensreeks is verder verbeter met die van stapel stuur van nog twee hoëdefinisie(HD)-, kanale naamlik Discovery HD Showcase en SuperSport HD. Voorbereidings word getref vir Mzansi Magic, ’n nuwe kanaal vir die ontluikende mark. Plaaslike produksies bly ’n trekpleister. Dit sluit Carte Blanche en sy twee nuwe onderafdelings, Carte Blanche Consumer en Carte Blanche Medical. All Access, I Wanna Be en die gewilde realiteitsprogramme Big Brother Africa en Survivor South Africa was ook gewild.
Die finansiële jaar het op ’n hoogtepunt begin met die Indiese Premierliga-krieket wat in Suid-Afrika gespeel is. SuperSport het vyf kanale vir die 2010-Fifa-wêreld-bekertoernooi aangebied, waarvan drie 24 uur per dag uitgesaai het. Vier daaglikse joernaalprogramme is ook uitgesaai: Chase the Makarapa, Woza Lunchtime, Supernova en Harambee.
In Mei 2010 het topTV ’n mededingende inteken-satelliet- televisiediens in Suid-Afrika van stapel gestuur.
Die regulatoriese omgewing is steeds onseker. Die verwagte breëbandbeleid moet nog bekend gestel word, terwyl twyfel bestaan oor Suid-Afrika se standaard vir digitale terrestriële televisie. Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het die finale regulasies vir die digitale oorgangsproses gepubliseer. Dit sal die weg baan vir die oorskakeling van die huidige analoog-terrestriële stelsel na digitale terrestriële uitsending. Regulasies en uitnodigings om aansoek te doen om die spektrum van radiofrekwensies vir die verskaffing van mobieletelevisie-uitsaaidienste te lisensieer, is uitgereik.
Klantediens bly ’n prioriteit en ’n aantal verbeterings is aangebring. ’n Nuwe klantedienssentrum is in Randburg geopen om vir die toename in die aantal intekenare voorsiening te maak, en die getal personeellede in die dienssentrum is vermeerder om die groter aantal oproepe te kan behartig.
Groter ondersteuning is aan die groeiende netwerk
van MultiChoice-agentskappe verskaf om dienslewering
uit te brei. Dit sluit in ekstra toonbanke en die vermoë
van agentskappe om dekodeerders onmiddellik te ruil.
Die getal MultiChoice-agentskappe het met meer as
10% toegeneem om hulle makliker bereikbaar te maak.
Om te verseker dat MultiChoice se dienste geredelik
beskikbaar is, is die getal geakkrediteerde installeerders
van 620 na 950 vermeerder.
MultiChoice neem sy korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid ernstig op. Met die bekendstelling in 2006 van MultiChoice se Phuthuma Nathi was dit die grootste bemagtigingstransaksie in die mediasektor. MultiChoice bestuur ook verskeie projekte wat voorheen benadeeldes ophef op gebiede soos voorkeurwerwing, gemeenskapsontwikkeling en maatskaplike investeringsinisiatiewe.
Meer besonderhede oor MultiChoice se inisiatiewe word in hierdie jaarverslag verstrek in die afdeling oor korporatiewe bestuurstoesig en volhoubaarheid, asook op hul webwerf (www.multichoice.co.za).
MWEB word in die groep geïntegreer om die groep se inhoud- en datadienste via die internet te lewer, terwyl hy voortgaan om elektroniese kommunikasie- en netwerkdienste aan intekenare en korporatiewe gebruikers te lewer.
MWEB het onlangs baanbrekerswerk gedoen deur ’n onbeperkte ADSL-breëbanddiens teen bekostigbare pryse beskikbaar te stel. Dit het ’n langverwagte omwenteling van die internet in Suid-Afrika aan die gang gesit om breëband algemeen toeganklik te maak.
![]() |
![]() |






