OORSIG VAN WERKSAAMHEDE - Drukmedia

DRUKMEDIA
Suid-Afrika
Die Suid-Afrikaanse drukmedia word deur Media24 bedryf.
Koerante
Dit was ’n jaar van intensiewe kostebestuur vir hierdie afdeling. Nie-winsgewende publikasies is gesluit, ondernemings is meer vaartbelyn gemaak en strukture is geskep vir optimale groei. Kostebesparings is deur personeelvermindering en groter doeltreffendheid behaal.
![]() |
![]() |
Ondanks moeilike handelsomstandighede is advertensie- asook sirkulasie-markaandeel uitgebrei.
Produkte vir die ontluikende mark presteer steeds.
Die Daily Sun is die grootste dagblad in Afrika, met
’n gemiddelde sirkulasie van nagenoeg 500 000. Die poniepublikasie Son het tans ’n sirkulasie van
124 572. ’n Sondag-uitgawe, Sondag Son, is
bekend gestel met 57 816 verkope. City
Press se sirkulasie is nou 180 632.
Die dagblaaie het in ’n klimaat wat uitdagings stel, bevredigend presteer. Die Sondagkoerante, City Press en Rapport, is albei opgeknap.
Ons beplan om die winsgewendheid van koerante oor die medium-termyn te herbou.

Tydskrifte
Die afgelope jaar was wêreldwyd een van die moeilikstes vir tydskrifte, en is gekenmerk deur ’n afname in advertensies. Plaaslik het sirkulasie merkwaardig stabiel gebly. Danksy die krag van ons breë portefeuljetitels kon Media24- tydskrifte sy markaandeel van advertensies asook sirkulasie uitbrei. Dié afdeling het ’n toegewyde sakeeenheid, Thought24, gevestig om op die toenemende behoeftes van die ontluikende vrouemark te fokus, met titels soos True Love, Move! en Real. Nuwe vrystellings was beperk, hoewel Women’s Health tog suksesvol bekend gestel is. Sekere titels is gestaak.
Via Afrika
Die boekondernemings het ’n moeilike jaar agter die rug. Uitgewers van skoolboeke het nie goed gevaar nie, hoofsaaklik weens verminderde besteding deur onderwysdepartemente. Algemene uitgewers is deur die ekonomiese afswaai getref. Sommige eenhede, soos NB Uitgewers, het egter ongestoord hul gang gegaan.

Paarl Media
Tragiese lewensverlies het tydens ’n brand by Paarl Print plaasgevind. Moeite is gedoen om individue wat deur die voorval geraak is, te ondersteun. Ons dink aan hul gesinne. Verskeie lesse is uit die voorval, soos beskryf in die volhoubaarheidsgedeelte van hierdie jaarverslag, geleer. Die hervestiging van Paarl Print as boek- en platvelvoerprosesdrukker is intussen afgehandel.
Winsgrense het onder druk gekom. Daar was talle amalgamasies asook die hervestiging van fabrieke om doeltreffendheid ten opsigte van skaal en ligging te verseker.
’n Besluit is geneem om ’n nuwe drukkery in KwaZulu-Natal te ontwikkel sodat Paarl Media aanpasbare produksiegeriewe aan sy teikenmark kan bied.

On the Dot
On the Dot versprei mediaprodukte wat wissel van gedrukte publikasies tot CD’s, DVD’s en elektroniese toerusting vir die verbruiker. On the Dot fokus op verskillende verskafferkettings vir boeke, tydskrifte, koerante, digitale inhoud, musiek, gebruikerselektronika en pamflette.
Winsgrense is onder druk, maar die afswaai in
die ekonomie bied geleenthede om
markaandeel uit te brei, met die
fokus op bedryfsdoeltreffendheid.
On the Dot se doelwit is om sy
dienste te verbreed. Dit behels
die wydste moontlike reeks
elektroniese toerusting en die
aflewering van fisiese
produkte met behulp van
druk-op-aanvraag-tegnologie.


