OORSIG VAN WERKSAAMHEDE

Naspers is vandag een van die toonaangewende mediagroepe in ontluikende markte. Ons belange omvat die volgende:

 



Internetplatforms in Middel- en Oos-Europa, China, Rusland, Latyns-Amerika, Afrika,
Indië en Suidoos-Asië. Dienste sluit e-handel, gemeenskappe, kommunikasie,
sosiale netwerke, vermaak en mobiele waardetoevoegingsdienste in.

 

 



Betaaltelevisie-intekenaarplatforms in Suid-Afrika en Afrika suid van die
Sahara. Daarbenewens ontwikkel Naspers tegnologieë
wat noodsaaklik is vir internet-, betaaltelevisie- en mobiele platforms.

 

 




Tydskrifte, koerante, drukkerye, verspreiders en
boekuitgewerye in Suid-Afrika en Afrika
suid van die Sahara, asook beleggings in
die drukmedia in Brasilië en China.