FINANSIËLE OORSIG
Hierdie oorsig weerspieël die hoogtepunte van die groep se finansiële prestasie die afgelope jaar. Volledige besonderhede word in die finansiële jaarstate op hier van hierdie jaarverslag verstrek.
OORSIG VAN GROEPRESULTATE
Die afgelope boekjaar is gekenmerk deur uitdagende ekonomiese toestande, asook ’n sterk rand, wat ’n negatiewe impak gehad het op gerapporteerde resultate met die omrekening van ander valutas.
Omset
Omsetgroei van 5% tot R28mjd (2009: R26,7mjd) is gedurende die tydperk aangeteken. Hierdie beskeie groei was gedeeltelik toe te skryf aan stram drukmedia, maar hoofsaaklik ’n sterker rand. Gebaseer op ’n stabiele geldeenheid sou die omsetgroei 11% gewees het.
Die internetsegment se omset het met altesaam 24% gegroei tot R9,2mjd. Die betaaltelevisiesegment se totale omset was 12% hoër danksy intekenaargroei van 634 000 netto huishoudings. Die omset van beide die druk- en tegnologiesegmente het gedaal weens ekonomiese toestande en die uitwerking van ’n sterk rand.
Operasionele wins
Ons operasionele wins het met 10% gestyg tot R5,4mjd (2009: R4,9mjd). Gebaseer op ’n stabiele geldeenheid sou operasionele winsgroei ’n geraamde 17% gewees het. Groepmarges het verbeter, hoofsaaklik danksy kostebestuur en vertraagde ontwikkelingsbesteding.
MultiChoice het gedurende die jaar die W7-satelliet geloods, wat tot ’n uitbreiding van ons transpondeerderbruikhuurooreenkomste en verpligtinge gelei het.
Kernwesensverdienste
Kernwesensverdienste vir die jaar het met 22% gegroei tot R5,3mjd. ’n Berekening van wesens- en kernwesensverdienste word in die tabel op hier uiteengesit. Soos gereeld aan aandeelhouers gemeld word, is die direksie van mening dat kernwesensverdienste ’n toepaslike maatstaf van die groep se volhoubare bedryfsprestasie is, aangesien dit eenmalige en nie-bedryfsitems uitsluit.
Finansieringskoste
Netto finansieringskoste vir die jaar het tot R535m (2009: R306m) gestyg, as gevolg van die befondsing van nuwe verkrygings met skuld en beskikbare kontantsaldo’s.
Ekwiteitsverantwoorde resultate
Naspers se aandeel in ekwiteitsverantwoorde resultate van ons geassosieerdes, hoofsaaklik Tencent, Mail.ru en Abril, het tot R2,1mjd (2009: R1,5mjd) toegeneem.
Wins met verkoop van beleggings
Die wins met die verkoop van beleggings het hoofsaaklik betrekking op die verkoop van MWEB se onderneming in die res van Afrika. Hierdie opbrengs is eenmalig van aard.
Berekening van wesens- en kernwesensverdienste
