Kennis word hiermee gegee dat die ses-en-negentigste algemene jaarvergadering van Naspers Beperk (“die maatskappy” of
“Naspers”) op Vrydag, 27 Augustus 2010 om 11:15 op die 18de verdieping van die Naspers-Sentrum, Heerengracht 40,
Kaapstad, Suid-Afrika, gehou sal word. Die volgende gewone besluite sal oorweeg word en, indien goedgekeur, met of
sonder wysiging aangeneem word:
| 1. |
Die finansiële state van die maatskappy en die groep vir die twaalf (12) maande tot 31 Maart 2010, en die verslae van die
direkteure en die ouditeur sal vir oorweging en aanvaarding voorgelê word. |
| |
|
| 2. |
Bekragtiging van dividende met betrekking tot die N- gewone en A- gewone aandele van die maatskappy. |
| |
|
| 3. |
Goedkeuring van die vergoeding van nie-uitvoerende direkteure vir die jaar tot 31 Maart 2010 en 31 Maart 2011
soos volg: |
| Naspers-direksie en -komiteevergoeding |
31 Maart 2010 |
31 Maart 2011 |
| Direksie |
|
|
| Voorsitter* |
R1 887 000 |
R2 011 400 |
| Komitees |
R354 000 |
R378 800 |
| Komitees |
|
|
|
R270 000 |
R270 000 |
|
lid |
R135 000 |
R135 000 |
|
|
R120 000 |
|
lid |
|
R60 000 |
- Mensehulpbronne: voorsitter
|
R132 000 |
R140 000 |
|
lid |
R66 000 |
R70 000 |
|
R48 000 |
R50 000 |
|
lid |
R24 000 |
R25 000 |
* Die voorsitter van die direksie ontvang nie bykomende vergoeding as hy/sy ’n lid of voorsitter is van enige subkomitee van die raad nie.
** Die risikokomitee is op 30 April 2010 gestig. |
4. |
Om die firma PricewaterhouseCoopers Ing. as die onafhanklike geregistreerde ouditeur van die maatskappy aan te stel
(met kennisname dat mnr Wentzel die individuele geregistreerde ouditeur is van daardie firma wat die oudit sal
onderneem) vir die tydperk tot ná afloop van die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy. |
5. |
Om die aanstelling van prof D Meyer wat as direkteur aangestel is met ingang van 25 November 2009, goed te keur.
Haar verkorte curriculum vitae verskyn op hier van die jaarverslag. |
6. |
Om mnre T Vosloo, N P van Heerden, H S S Willemse en L N Jonker, wat volgens rotasie aftree, maar weer verkiesbaar is
en hulle vir herverkiesing beskikbaar stel, te verkies. Hul verkorte curricula vitae verskyn op hier van die
jaarverslag.
|
Die direkteure beveel eenparig aan dat die aanstelling en herverkiesing van direkteure kragtens besluite 5 en 6 deur die
aandeelhouers van die maatskappy goedgekeur word. Die herverkiesing van elke direkteur sal in afsonderlike gewone
besluite uitgevoer word. |
7. |
Om die gemagtigde maar onuitgereikte aandelekapitaal van die maatskappy onder die direkteure se beheer te plaas en
tot ná afloop van die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy onvoorwaardelike algemene magtiging
aan die direkteure te verleen om na goeddunke (maar onderworpe aan die bepalings van artikel 221 van die
Maatskappywet, Nr 61 van 1973 (“die Wet”), soos gewysig, en die vereistes van die JSE Beperk (“die JSE”) en enige ander
aandelebeurs waarop die aandele van die maatskappy van tyd tot tyd genoteer kan wees) die onuitgereikte aandele van
die maatskappy toe te ken en uit te reik aan sodanige persone, ongeag of hulle aandeelhouers is of nie, en volgens
sodanige voorwaardes en bepalings soos wat die direkteure na hul goeddunke as gepas beskou. |
| 8. |
Om onderworpe daaraan dat minstens 75% van die stemme van aandeelhouers van die maatskappy wat persoonlik by
die algemene jaarvergadering teenwoordig is of deur ’n gevolmagtigde verteenwoordig word en geregtig is om te stem,
ten gunste daarvan uitgebring word, die direkteure te magtig, en dat hulle hiermee gemagtig is, om onuitgereikte
aandele in ’n klas aandele reeds uitgereik in die maatskappy se kapitaal vir kontant uit te reik soos en wanneer die
geleentheid hom voordoen, onderworpe aan die vereistes van die JSE, wat die volgende insluit:
- hierdie magtiging is nie langer as die maatskappy se volgende algemene jaarvergadering of langer as vyftien (15)
maande na die datum van die vergadering, wat ook al die vroegste is, geldig nie
- dat ’n betaalde persaankondiging met volledige besonderhede, insluitend die uitwerking op netto batewaarde en
verdienste per aandeel, uitgereik word ten tye van enige uitgifte wat op ’n kumulatiewe grondslag binne een jaar
5% of meer van die getal uitgereikte aandele van daardie klas voor die uitgifte verteenwoordig
- die totale uitgifte van enige bepaalde klas aandele in enige boekjaar nie 5% van die uitgereikte getal aandele in
daardie klas aandele sal oorskry nie (insluitend sekuriteite wat verpligtend omskepbaar is in aandele van daardie klas)
- dat met die bepaling van die prys waarteen ’n uitgifte van aandele ingevolge hierdie magtiging gedoen word, die
diskonto waarteen die aandele uitgereik word nie 10% van die geweegde gemiddelde handelsprys van die betrokke
aandele soos bepaal gedurende die dertig (30) sakedae voor die datum waarop die uitreikingsprys bepaal word, sal
oorskry nie, en
- dat die aandele slegs uitgereik word aan “openbare aandeelhouers” soos omskryf in die JSE se noteringsvereistes, en
nie aan verwante partye nie.
|
| |
|
| 9. |
Om die volgende gewone besluit te oorweeg en, indien dit goedgekeur word, met of sonder wysiging aan te neem:
“Besluit dat voorgestelde wysigings aan die trustakte van die Naspers Aandele-aansporingskema, Meestersverwysing
IT 4713/97 soos voorgeskryf deur Bylae 14 van die JSE se noteringsvereistes, goedgekeur word.”
Die Naspers Aandele-aansporingskema (“die skema”) is gedurende 1997 deur aandeelhouers van Naspers aanvaar. Die
voorwaardes van die trustakte van die skema moet gewysig word om te voldoen aan Bylae 14 van die JSE se
Noteringsvereistes, wat op 15 Oktober 2008 in werking getree het.
Die hoofvoorwaardes van die skema soos gewysig, is soos volg:
| (a) |
’n persoon wat permanent by die groep (Naspers, sy filiale en ander entiteite waarin Naspers hetsy regstreeks of
onregstreeks ’n beduidende belang het, wat deur die direkteure van Naspers goedgekeur is om deel van die groep
te vorm) in diens is, kan aan die skema deelneem. Sodanige persone sluit in enige beamptes of uitvoerende
direkteure van die groep, ’n persoon wat ’n vastetermynkontrak by ’n entiteit binne die groep gesluit het, asook ’n
werknemer wat afgetree het en ten opsigte van wie die trustees van die skema hul diskresie uitgeoefen het
waarkragtens die afgetrede werknemer steeds geregtig is om ’n deelnemer kragtens die skema te bly; |
| (b) |
aanbiedinge wat kragtens die skema gemaak of opsies wat daarkragtens toegestaan word aan kwalifiserende
deelnemers om aandele in Naspers te verkry, kan oor ’n tydperk van 10 jaar na die datum van aanvaarding van ’n
aanbod of opsie uitgeoefen word; |
| (c) |
kwalifiserende deelnemers sal aandele in Naspers verkry teen ’n koopsom gelykstaande aan die nominale waarde of
die markprys (wat ook al die hoogste is) van ’n aandeel wat, volgens die trustees se diskresie, opwaarts aangepas kan
word vir inflasie, met inagneming van die tydperk waaroor die koopprys betaalbaar sal wees; |
| (d) |
die trustees van die skema sal eers aandele vir die skema verkry wanneer ’n deelnemer of groep deelnemers aan wie
die aandele aangebied sal word, formeel deur die trustees geïdentifiseer is; |
| (e) |
aandele wat deur die trustees gehou word, kan eers by die beëindiging van die diens of by die dood van die
deelnemer verkoop word of namens ’n deelnemer verkoop word nadat die eiendomsreg gevestig het; |
| (f) |
wanneer opsies of aanbiedinge aan werknemers toegestaan of gemaak word, neem die trustees die kriteria in ag
wat die maatskappy se mensehulpbronne- en vergoedingskomitee van tyd tot tyd bepaal; |
| (g) |
’n deelnemer is geregtig om aandele te ontvang uit hoofde van die uitoefening van ’n opsie of aanvaarding van ’n
aanbod nadat sodanige aandele deur die trustees vrygestel is en teen betaling deur die deelnemer van alle gelde
wat ten opsigte van sodanige aandele aan die trust verskuldig is; |
| (h) |
aandele wat kragtens die skema verkry word, moet ten volle vereffen word na die vrystelling en teen lewering van
die aandele, of by wyse van ’n skemalening; |
| (i) |
eienaarskap van aandele wat deur die trust gehou word, vestig in die trust totdat die aandele aan die deelnemer
gelewer word. Voor sodanige lewering neem die trust, as die eienaar van die aandele, enige regte kragtens ’n regteof
kapitalisasie-uitgifte of ’n aandelekapitaalvermindering op, ontvang alle dividende wat ten opsigte van die
aandele betaal word, oefen stemreg ten opsigte van die aandele uit en oefen in die algemeen alle regte uit wat die
eienaar van die opsie-aandele toekom; |
| (j) |
by die beëindiging van ’n deelnemer se diens weens sterfte, permanente ongeskiktheid of ’n oorname van die
maatskappy, moet alle bedrae wat deur die deelnemer verskuldig is ten opsigte van die koop van aandele deur
hom/haar, betaal word binne 12 maande na die datum van diensbeëindiging, tensy die trustees volgens hul
uitsluitlike diskresie ’n ander tydperk bepaal. By beëindiging om enige ander rede buiten dié wat hierbo genoem is,
sal, tensy die trustees volgens hul uitsluitlike diskresie anders besluit, enige kooptransaksie van aandele gekanselleer
word in die mate waartoe aandele wat aan die deelnemer verkoop is, nog nie vrygestel is nie, met die gevolg dat
enige bedrae (behalwe rente wat op ’n skemalening gehef is, indien van toepassing) wat reeds deur die deelnemer
vir sodanige aandele betaal is, aan die deelnemer terugbetaal sal word en dat die deelnemer geen verdere regte
kragtens die skema sal hê nie; |
| (k) |
die direkteure kan onuitgereikte aandele in die aandelekapitaal van Naspers tot die beskikking van die trustees stel
vir toekenning aan deelnemers kragtens hierdie trust. Die maksimum getal aandele beskikbaar vir ’n nuwe
toekenning na 27 Augustus 2010 aan deelnemers kragtens hierdie skema en enige ander aandele-aansporingskema
van Naspers of enige regstreekse of onregstreekse filiaal van Naspers is 40 588 541 aandele, welke getal as gevolg
van enige onderverdeling van aandele sal toeneem of as gevolg van enige konsolidering van aandele sal afneem, na
gelang van die geval. Hierdie maksimum getal kan ook verhoog word by wyse van ’n gewone besluit wat vooraf
deur die ekwiteitsekuriteithouers van Naspers goedgekeur is. Sodanige besluit vereis dat ’n 75%-meerderheid van die stemme wat uitgebring word deur alle ekwiteitsekuriteithouers wat by die algemene vergadering om sodanige
besluit goed te keur teenwoordig is of deur volmag verteenwoordig word, ten gunste van sodanige besluit moet
wees, uitgesonderd die stemme verbonde aan alle ekwiteitsekuriteite wat besit of beheer word deur persone wat
bestaande deelnemers aan die skema is waar sodanige ekwiteitsekuriteite kragtens die skema verkry is en deur die
voorgestelde veranderings geraak kan word; |
| (l) |
meer as een opsie of aanbod kan van tyd tot tyd aan ’n werknemer toegestaan of gemaak word, met dien verstande
dat die getal skema-aandele waarop ’n enkele deelnemer kragtens hierdie skema geregtig is nie 12 176 562 aandele
mag oorskry nie; |
| (m) |
die maksimum getal aandele oorweeg in (k) en (l) kan aangepas word op ʼn kapitalisasie-uitgifte, ʼn spesiale dividend,
ʼn regte-uitgifte, ʼn kapitaalvermindering en waar aandele onderverdeel of gekonsolideer word, en die koopprys wat
ten opsigte daarvan betaalbaar is (waar toepaslik), moet aangepas word om te verseker dat die deelnemer geregtig
bly op dieselfde persentasie van die uitgereikte aandelekapitaal van Naspers as waarop hy/sy geregtig was voor die
betrokke gebeurtenis plaasgevind het; |
| (n) |
die uitreiking van aandele as teenprestasie vir die verkryging van bates, die uitreiking van aandele vir kontant of ’n
verkopersteenprestasieplasing sal nie as omstandighede beskou word wat aanpassings verg nie; |
(o) |
sekere bepalings van die trustakte kan slegs gewysig word by wyse van ’n gewone besluit deur aandeelhouers (wat
’n 75%-meerderheid van die uitgebragte stemme ten gunste van sodanige besluit vereis). Dit is die bepalings wat
verband hou met (i) die kategorieë van persone aan of ten gunste van wie skema-aandele kragtens die skema
gekoop of uitgereik kan word, (ii) die berekening van die totale getal aandele wat vir die doel van of ooreenkomstig
hierdie skema verkry kan word, (iii) die maksimum getal opsies en skema-aandele wat deur enige deelnemer verkry
kan word, (iv) die aandeelprys en die tydperk waarbinne die koopprys betaal moet word, (v) die bedrag betaalbaar
by aanvaarding of uitoefening, na gelang van die geval, (vi) die stem-, dividend-, oordrag- en ander regte, insluitend
regte verbonde aan die aandele en aan enige opsies wat by ’n likwidasie van Naspers ontstaan, (vii) die grondslag
waarop toekennings gemaak word, (viii) die hantering van enige (gevestigde en nie-gevestigde) opsies in die geval
van samesmeltings, oornames of korporatiewe aksies, en (ix) die regte van deelnemers by beëindiging van diens of
by aftrede of sterfte, in soverre dit verband hou met die voortydige onttrekking van die skema. |
|
| |
Die trustakte van die Naspers Aandele-aansporingskema in sy gewysigde vorm sal vir ’n tydperk van 14 dae voor die
datum van hierdie algemene jaarvergadering gedurende gewone kantoorure ter insae vir aandeelhouers beskikbaar
wees by Naspers se geregistreerde adres, Heerengracht 40, Kaapstad 8000 (kontakpersoon Denise Vos) en in
Johannesburg by Oaklaan 251, Randburg, 2194 (kontakpersoon Gillian Kisbey-Green).
Die wysiging van die voorwaardes van die skema moet goedgekeur word by wyse van ’n gewone besluit wat ’n
75%-meerderheid vereis van uitgebragte stemme ten gunste van sodanige besluit deur alle aandeelhouers wat by die
algemene vergadering teenwoordig is of deur volmag verteenwoordig word. Stemme verbonde aan ekwiteitsekuriteite
wat besit of beheer word deur persone wat bestaande deelnemers aan die skema is en wat kragtens die skema verkry is
en deur die voorgestelde veranderings geraak kan word, word van die stemming uitgesluit. |
10. |
Besonderhede van die Naspers-groep se tans bestaande aandelegebaseerde aansporingskemas word in hierdie
jaarverslag verstrek. (Die Naspers Aandele-aansporingskema waarna in die vorige gewone besluit verwys is, die ander
bestaande aandelegebaseerde aansporingskemas van die Naspers-groep en aandelegebaseerde skemas van die
Naspers-groep wat in die toekoms gestig word, word hierna gesamentlik die “Naspers-groep aandelegebaseerde
aansporingskemas” genoem.)
Daar word voorgestel dat, onderhewig aan die vereistes van Bylae 14 van die noteringsvereistes en die trustaktes van die
Naspers-groep aandelegebaseerde aansporingskemas, magtiging aan die direkteure verleen word om tot en met
40 588 541 Naspers-aandele (wat 10% van Naspers se uitgereikte N- gewone aandelekapitaal soos op 31 Maart 2010
uitmaak) aan die Naspers-groep aandelegebaseerde aansporingskemas toe te ken en uit te reik. Dienooreenkomstig
word die volgende besluit voorgestel:
Om die volgende gewone besluit te oorweeg en, indien dit goedgekeur word, met of sonder wysiging aan te neem:
“Besluit, as ’n spesiale magtiging kragtens artikel 221(2) van die Maatskappywet, Nr 61 van 1973 en onderhewig aan die
noteringsvereistes van die JSE, dat aan die direksie van Naspers magtiging verleen word om, na die datum waarop
hierdie besluit goedgekeur is, aan die Naspers-groep aandelegebaseerde aansporingskemas en/of die deelnemers
daarkragtens tot en met 40 588 541 Naspers N- gewone aandele, toe te ken en uit te reik en by die JSE aansoek te doen
om die notering van sodanige aandele, soos en wanneer die trustees/administrateurs van die betrokke Naspers-groep
aandelegebaseerde aansporingskema Naspers N- gewone aandele aan die deelnemers daarkragtens wil aanbied of
lewer, in elke geval volgens die voorwaardes van toepassing op die betrokke Naspers-groep aandelegebaseerde
aansporingskema.”
Die volgende spesiale besluite sal oorweeg word en, indien goedgekeur, met of sonder wysiging aanvaar word: |
SPESIALE BESLUIT NOMMER EEN
Dat die maatskappy of enige van sy filiale hiermee deur ’n algemene magtiging gemagtig word, en is, om N- gewone
aandele wat deur die maatskappy uitgereik is, te verkry, ingevolge en onderworpe aan artikels 85(2), 85(3) en 89 van die
Maatskappywet, Nr 61 van 1973, soos gewysig, en die reëls en vereistes van die JSE, naamlik dat:
- enige sodanige verkryging van N- gewone aandele bewerkstellig word deur die bestelboek van die JSE-verhandelingstelsel
en gedoen word sonder enige vooraf verstandhouding of reëling
- hierdie algemene magtiging geld tot die maatskappy se volgende algemene jaarvergadering, met dien verstande dat dit
nie later is nie as vyftien (15) maande vanaf die datum waarop hierdie spesiale besluit geneem is
- ’n aankondiging met volledige besonderhede van sodanige verkrygings gepubliseer sal word sodra die maatskappy of
enige van sy filiale N- gewone aandele verkry het wat op ’n kumulatiewe grondslag 3% van die getal N- gewone
uitgereikte aandele voor die verkryging uitmaak waarvolgens die genoemde 3%-drempel bereik is, en vir elke 3% in
totaal wat daarna verkry word
- verkrygings van N- gewone aandele in ’n boekjaar in totaal nie 20% van die maatskappy se N- gewone uitgereikte
aandelekapitaal, soos op die datum waarop hierdie spesiale besluit aangeneem is, mag oorskry nie
- met die bepaling van die prys waarteen N- gewone aandele soos uitgereik deur die maatskappy deur hom of enige van
sy filiale kragtens hierdie algemene magtiging verkry word, die maksimum premie waarteen sodanige N- gewone
aandele verkry kan word, nie 10% sal oorskry nie van die geweegde gemiddelde van die markwaarde waarteen
sodanige N- gewone aandele op die JSE verhandel word soos bepaal oor die vyf (5) sakedae onmiddellik voor die datum
van terugkoop van sodanige N- gewone aandele deur die maatskappy of enige van sy filiale
- die maatskappy deur sy statute daartoe gemagtig is
- die maatskappy op enige tydstip slegs een agent mag aanstel om ’n terugkoop namens die maatskappy te bewerkstellig
- die maatskappy se borg die toereikendheid van die maatskappy se bedryfskapitaal vir doeleindes van die terugkoop van
N- gewone aandele skriftelik aan die JSE moet bevestig voordat die mark betree word met die oog op die terugkoop
- die maatskappy te alle tye die JSE se noteringsvereistes ten opsigte van minimum aandeelhouersverspreiding nakom, en
- die maatskappy en/of sy filiale nie enige N- gewone aandele terugkoop tydens ’n verbode tydperk soos omskryf in die
JSE se noteringsvereistes nie, tensy ’n terugkoopprogram in plek gestel is, waarin datums en die aantal aandele wat
tydens die verbode tydperk verhandelbaar is, vasgestel is en volle besonderhede van die program geopenbaar is in ’n
aankondiging oor die Sekuriteitsbeursnuusdiens (SENS) vóór die aanvang van die verbode tydperk.
Voordat die algemene terugkoop bewerkstellig word, sal die direkteure, met inagneming van die uitwerking van die
terugkoop van die maksimum getal N- gewone aandele kragtens voorgemelde algemene magtiging, verseker dat vir ’n
tydperk van twaalf (12) maande ná die datum van die kennisgewing van die algemene jaarvergadering:
- die maatskappy en die groep in die gewone gang van sake in staat sal wees om hul skuld te betaal
- die bates van die maatskappy en die groep, billik gewaardeer in ooreenstemming met Internasionale Finansiële
Verslagdoeningstandaarde, die maatskappy en die groep se laste sal oorskry, en
- die maatskappy en die groep se gewone aandelekapitaal, reserwes en bedryfskapitaal vir die doel van gewone
sakebedrywighede toereikend sal wees.
Die onderstaande bykomende inligting, waarvan ’n deel elders in die jaarverslag verskyn waarvan hierdie kennisgewing deel
vorm, word ingevolge die JSE se noteringsvereistes verskaf vir die doel van die algemene magtiging:
Direkteure se verantwoordelikheidsverklaring
Die direkteure, wie se name in die direksie verskyn, aanvaar gesamentlik en afsonderlik volle verantwoordelikheid vir die
juistheid van die inligting rakende hierdie spesiale besluit nommer een en verklaar dat, na hul beste wete en oortuiging,
geen feite weggelaat is wat enige verklaring vals of misleidend sou maak nie, en dat alle redelike navrae gedoen is om sulke
feite te staaf en dat spesiale besluit nommer een alle tersaaklike inligting bevat.
Wesenlike veranderings
Buiten die feite en ontwikkelings waaroor in die jaarverslag gerapporteer is, was daar geen wesenlike veranderings in die
sake of finansiële posisie van die maatskappy en sy filiale sedert die datum van ondertekening van die ouditverslag en tot
op die datum van hierdie kennisgewing nie.
Die direkteure het tans geen spesifieke voorneme vir die maatskappy om enige van sy N- gewone aandele terug te koop
nie, maar is van mening dat so ’n algemene magtiging gegee behoort te word indien ’n terugkoopgeleentheid wat in die
beste belang van die maatskappy en sy aandeelhouers is, hom gedurende die jaar voordoen.
Die rede vir en die uitwerking van spesiale besluit nommer een is om aan die maatskappy ’n algemene magtiging
kragtens die Maatskappywet en die JSE se noteringsvereistes te verleen dat die maatskappy, of ’n filiaal van die maatskappy,
N- gewone aandele van die maatskappy verkry.
SPESIALE BESLUIT NOMMER TWEE
Dat die maatskappy of enige van sy filiale hiermee deur ’n algemene magtiging gemagtig word, en is, om A- gewone
aandele wat deur die maatskappy uitgereik is, te verkry, ingevolge en onderworpe aan artikels 85(2), 85(3) en 89 van die
Maatskappywet, Nr 61 van 1973, soos gewysig.
Die rede vir en die uitwerking van spesiale besluit nommer twee is om aan die maatskappy ’n algemene magtiging
kragtens die Maatskappywet te verleen dat die maatskappy, of ’n filiaal van die maatskappy, A- gewone aandele van die
maatskappy verkry.
GEWONE BESLUIT |
| 11. |
Alle direkteure van die maatskappy word hiermee gemagtig om alle stappe te doen, alle handelinge te verrig en alle
dokumente te onderteken wat nodig is om die gewone en spesiale besluite wat by hierdie algemene jaarvergadering
aangeneem word, in werking te stel. |
|
| |
Sodanige ander sake word gedoen as wat by ’n algemene jaarvergadering gedoen mag word.
Aandeelhouers wat geregtig is om ’n algemene jaarvergadering by te woon en daarop te stem, mag een of meer
gevolmagtigdes benoem om die vergadering in hul plek by te woon, daarop te praat en te stem. ’n Gevolmagtigde hoef nie
’n aandeelhouer van die maatskappy te wees nie.
’n Volmagvorm met die nodige aanwysings vir voltooiing word aangeheg vir die gebruik van lede met aandelesertifikate
en “eie naam”- gedematerialiseerde aandeelhouers wat by die algemene jaarvergadering verteenwoordig wil word. Die
voltooiing van ’n volmagvorm verhoed nie die betrokke aandeelhouer om die algemene jaarvergadering by te woon en te
stem nie (in die plek van daardie aandeelhouer se gevolmagtigde).
Houers van gedematerialiseerde aandele, “eie naam” - gedematerialiseerde aandeelhouers uitgesluit, wat by die
algemene jaarvergadering wil stem, moet hul sentrale sekuriteitebewaarplek-deelnemer (SSBD) of makelaar op sodanige
manier en teen sodanige spertyd soos deur die SSBD of makelaar bepaal, dienooreenkomstig in kennis stel.
Houers van gedematerialiseerde aandele, “eie-naam”- gedematerialiseerde aandeelhouers uitgesluit, wat die algemene
jaarvergadering persoonlik wil bywoon, moet so gou as moontlik die nodige magtiging deur middel van hul SSBD of
makelaar reël.
Die vorm waarvolgens ’n gevolmagtigde benoem word en die magtiging (indien enige) waarkragtens dit geteken word,
moet die oordragsekretaris van die maatskappy teen nie later nie as Donderdag, 26 Augustus 2010 om 11:15 bereik.
’n Volmagvorm word by hierdie kennisgewing ingesluit. Die volmagvorm is ook by die geregistreerde kantoor van die
maatskappy verkrygbaar.